Rolbalspelers van die Waterberg het skoonskip gemaak tydens die Limpopo-enkelskampioenskap. Spelers van die Waterberg- en Impala-gebied het dit die naweek van 2 en 3 November in Polokwane en Mokopane uitgespook. Die wenners was André Kruger van die Nylstroom-rolbalklub (mans-ope), Annetjie de Beer van Lekkerbreek-rolbalklub (vroue-ope), Hettie Rossouw van die Warmbad-rolbalklub (vroue-veterane) en Ernest du Plessis van die Nylstroom-rolbalklub (mans-veterane).
Hierdie tuimelgimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 26 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Aerialnastix-kampioenskap in Benoni deelgeneem en puik presteer. Mia Strydom (8) het goud op die bank en vir tuimel verwerf. Mckayla Vermaak (10) het brons in tuimel en op die trampolien verwerf.
Albert Groothof het goud gekry vir sy trampolienroetine en brons in die tuimelitem.