Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Syd Catton, ’n bekende in plaaslike veiligheidskringe en omgewingsake, het op Saterdag 26 Oktober tydens die Suid-Afrikaanse Teologiese Kollege vir Onafhanklike Kerke se 50ste bestaansjaarviering in Boksburg ’n doktorsgraad in Bybelse filosofie (Honoris Causa) ontvang. Biskop James Koneight het Catton vir sy bestuurskennis in die bediening geloof. Felicite Wright, Catton se vriendin, is saam met hom op die foto ná die plegtigheid.

 

Die lede van Klub 60 in Modimolle het op Dinsdag 5 November tydens ’n gesellige uitstappie meer oor die taksidermiebedryf geleer, saam pizza geëet en lekker gekuier. Op die foto is Wikus Botha, Theo en Wendy van Graan, Sannie Keller, Leonie Lombard, Norman Keller en Hannes Viljoen tydens lede se taksidermie-uitstappie. Klub 60 hou op Woensdag 20 November ’n braai onder die sterre. Enigiemand bo 60 kan by die klub aansluit. Vir navrae en besprekings vir dié byeenkoms, bel vir Leonie Lombard by tel. 083 666 2754 of Wikus Botha by tel. 072 594 0010.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button