GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die eerste krieketspan van Laerskool Nylstroom het op Donderdag 24 Oktober in Polokwane teen Laerskool Phalaborwa kragte gemeet in die Limpopo-finaal. Die Nylies het hul teenstanders vir slegs 96 lopies uitgeboul en die telling met die verlies van slegs een paaltjie behaal om oortuigend met nege paaltjies te wen. Voor is Hendry van Staden en Willie Kruger. In die middel is Tiaan Steffen, Wihan Bezuidenhout, Altus du Plessis, Franco Steenkamp (kaptein), Lukas van der Merwe (onderkaptein), Jannes van Zyl, Zian Vermeulen, Leander Janse van Rensburg, Jaco Briel en HP van Heerden. Agter is Roelf Vorster (afrigter), Hempies du Preez (skoolhoof) en Brandon Neveling (hulpafrigter). Foto: Herman Steyn

 

Amoné van Niekerk (regs), ’n gr. 11-leerder van Hoërskool Warmbad, is as een van twee gimnaste uit die Waterberg verkies om in Februarie 2020 aan ’n internasionale tuimelkompetisie in Mauritius deel te neem. Die ander gimnas is Mackayla Vermaak van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle. Saam met Amoné op die foto is haar afrigter, Petro von Allemann.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button