Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Hierdie stel huissleutels en twee bestuurders-lisensies is by Die Pos se kantoor in Bela-Bela afgegee nadat weldoeners dit in die dorp opgetel het. Die lisensies behoort aan PJ Coertze en J. Barron. Dit kan by Die Pos se kantoor in Minnaar-straat afgehaal word.

 

Bos­vel­ders het op Sa­ter­dag 19 Ok­to­ber die geleentheid gehad om die pragtige kunswerke van In­grid Bag­ge­röhr en Chris­sie Roodt by die Ba­ja-gas­te­plaas in Droo­ge­kloof bui­te Be­la-Be­la te besigtig. Baggeröhr, ’n Pre­to­ria­ner, spe­sia­li­seer in beeld­hou­werk en skilder ook ge­sig­stu­dies, fa­mi­lie­por­tret­te en na­tuur­to­ne­le. Haar werke is onder meer te sien by Sun City, Gold Reef City en Golden Horse Casino. Roodt is ’n on­der­wy­se­r by Laer­skool Nyl­stroom en be­kend on­der wild­te­lers vir haar ­wer­k van stoet­die­re. Kinders en kuns is haar twee grootste liefdes. Op die fo­to tus­sen die kuns­wer­ke staan Roodt, Nici van der Mer­we, Droo­ge­kloof-sa­ke­vrou, en Bag­ge­röhr ty­dens die ge­leent­heid.

 

Talle Bosvelders het hul harte oopgemaak vir die Boks vir ’n Boervrou-veldtog. Twee vragte vol skenkings is reeds vanuit Bela-Bela op pad na Wellington in die Wes-Kaap vir gesinne wat gebuk gaan onder die erge droogte. Die organiseerders van die veldtog vra dat Waterbergers steeds hul bydraes by Huyndai se kantoor in Bela-Bela aflaai. Bel vir Mathilda van Straaten vir navrae by tel. 082 882 3353. Op die foto is Van Straaten by die nuutste skenkings wat eersdaags Kaap toe vervoer sal word.

 

Corlia Branders, berader en psigometris van Bela-Bela, het lede van die Vroue Landbou-unie se Warmbad-tak tydens die September-vergadering toegespreek. Lede moes vraelyste invul wat sy ge-
bruik het om sekere karaktereienskappe te bepaal. Lede is daarna volgens bome geklassifiseer wat elk unieke eienskappe het. Die vroue het die lesing baie insiggewende gevind.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button