Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Hennie Ludik se kleurvolle foto “Canolaland” het ’n meriete-toekenning in die senior afdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Oktober-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Gerda de Bruto se treffende foto “Bietjie skadu” het ’n merietetoekenning in die senior afdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Oktober-vergadering. Bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 om saam met die klublede foto’s te neem.

 

Die foto “Perfect landing” wat in die kategorie vir wildlewe (slegs voëls) deur Hennie Louw ingeskryf is, het ’n merietesertifikaat ontvang tydens die Bosveld-fotografieklub se byeenkoms in Oktober. Eroll Wagg van die Boksburg-kameraklub het die foto’s beoordeel. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Tilly Kriel se foto “Inkopies gedoen” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Oktober-byeenkoms. Sluit gerus by die klub aan. Hulle vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela.

 

Jacholeen Kruger se foto “Hugs and kisses” was die wenner in die wildlewekategorie en het ’n merietesertifikaat tydens die Bosveld-fotografieklub se Oktober-byeenkoms ontvang. Eroll Wagg van die Boksburg-kameraklub het die foto’s beoordeel. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button