GalleriesSchools galleries

Waterbergskool vir CVO trots op uitblinkers

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Vrydag 18 Oktober hul laerskool se beste presteerders tydens die prysuitdelingsgeleentheid vereer.

Die foto’s is deur Herman Steyn geneem.

 

Henru Botha is aangewys as sportseun van die jaar (laerskool). Kobus Stapelberg, ondervoorsitter van die ouerraad, het die trofee aan hom oorhandig.

 

Vanya Viviers is as junior Dux-leerder aangewys. Hier ontvang sy die wisseltrofee van ds. Christiaan Jooste, waarnemende voorsitter van die ouerraad.

 

Jani Stapelberg is die skool se sportmeisie van die jaar (laerskool). By
haar op die foto is Kobus Stapelberg, ondervoorsitter van die ouerraad.

 

Melienke Vermaak is aangewys as kultuurmeisie van die jaar (laerskool). Sy het die toekenning van Santie Botha, lid van die ouerraad, ontvang.

 

Henru Botha het bewys dat hy ’n veelsydige leerder is. Hy het ook die toekenning vir kultuurseun van die jaar (laerskool) verower. Op die foto by Henru is Santie Botha, lid van die ouerraad.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button