GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Laerskool Nylstroom se tweede krieketspan het op Donderdag 10 Oktober aan die Limpopo finale ronde deelgeneem en is aangewys as naaswenners in die provinsie. Voor is Damian Bosman, Stefan van Heerden en Marnus Röntgen. In die middel is Pieter van Heerden, Stiaan Opperman, Victor Pieterse, Kayden Hayes en Landré van Staden (kaptein). Agter staan Tiaan Bestbier (afrigter) Jessie-Dean Nortjé, Rohan Röntgen, Matthew Eberwein, Alec Durand en Raynard Janse van Rensburg (afrigter). Brendan Davey was afwesig met die neem van die foto.

 

Dié o.12-seunstennisspelers van Laerskool Nylstroom het op Vrydag 18 Oktober in Polokwane teen vyf ander skole meegeding in die Limpopo-kwalifiserende toernooi. Hulle het tweede geëindig en gaan eersdaags uitspeel vir die finale ronde. Op die foto is Erlu Fourie, Jannes van Zyl, Wihan Bezuidenhout en Johan Bosch.

 

Die o.12-meisietennisspan van Laerskool Nylstroom het alles ingesit tydens die Limpopo-kwalifiserende toernooi wat op Vrydag 18 Oktober in Polokwane gehou is. Hulle het teen drie skole meegeding en tweede geëindig. Hulle sal deel wees van die twee spanne per provinsie wat eersdaags in die finale ronde speel. Op die foto is Hesmé Holtzhausen, Gabby Greeff, Megan van der Merwe en Melissa Meyer.

 

Tiaan Steffen van Laerskool Nylstroom is op Vrydag 18 Oktober by die Kameeldoring-gholfklub in Mokopane vir die Limpopo-gholfspan gekies. Hy sal die Limpopo-span vroeg in Desember in Secunda verteenwoordig.

 

Ricardo Booysen, kookwaterkrieketspeler van Hoërskool Warmbad, is gekies as lid van die gesogte Coca Cola o.19-krieketspan. Dié Warrie krieketster gaan van 16-21 Desember in Pietermaritzburg aan die prestigetoernooi deelneem. Die Coca Cola-krieketweek is gelykstaande aan die Cravenweek van rugby. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button