GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hoërskool Warmbad het op Donderdag 17 Oktober ’n muntlegging by die skool aangebied om geld in te samel ten bate van die Rhino Foundation. Skole wat aan die projek deelneem, daag mekaar uit om projekte aan te bied. Op die foto plaas van die leerders hul geld in ’n getekende renoster op die skoolterrein.

 

Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het op Donderdag 17 Oktober hul jaarlikse Lentebal aangebied. Dit is ’n tradisie van die Hansies waar die matriekmeisies van die betrokke jaar hul skoolrokke moet omskep in ’n “balrok”. Vanjaar het die meisies werklik hul kreatiwiteit gewys. Voor is Sue Bezuidenhout, Zanelle Möller, Chris-Marie Cary Smith, Janita Hoffman, Skye Bester, René Du Preez en Chanri Booysen. Agter is Geraldine Marks, Annina van der Sandt, Elsche Steenkamp, Ria Nel, Jessica van der Walt en Anne Mart Jansen.

 

Laerskool Nylstroom se interne redenaarskompetisie het op Woensdag 16 Oktober in die skoolsaal plaasgevind. Voor is Kialize Swart (eerste in gr. 4), Werner Pretorius (eerste in gr. 6) en Stefan van Heerden (eerste in gr. 5 en algehele wenner van gr. 4 en 5). In die middel is Johan Bosch (derde in gr. 5) en Erlu Fourie (tweede in gr. 5). Agter staan Pieter van Heerden (eerste in gr. 7 en algeheel eerste in kategorie vir gr. 6 tot 7), Altus du Plessis (tweede in gr. 7) en Lorinda Broodryk (derde in gr. 7). Janrich van der Walt (tweede in gr. 4) was afwesig met die neem van die foto.

 

Hoërskool Hans Strijdom het tydens hul prysuitdelingsgeleentheid op Donderdag 10 Oktober die nuwe senior verteenwoordigende raad van leerders (SVRL) bekendgestel. Voor is Bianca Plank, Carla van der Walt, Carla van der Merwe, Abbi van der Walt, Micke Hofmeyr, Annemi de Swart, Krista Strauss, Mia Koorzen, Inge Greef en Lesego Mahlangu. Agter is EG Booyse, Johan Marais, Louis Booysen, Diehan Pienaar, Thristan Snyman, Franswa van Niekerk, Reuben van Tonder, Pieta van Rooyen en Lesiba Ledwaba.

 

Die koshuisraad vir 2020 van Laetitia-meisieskoshuis by Hoërskool Hans Strijdom is onlangs verkies. Melissa du Toit, Annimi de Swart, Carla van der Walt, Krista Strauss en Inge Greef sal voorloop in die nuwe jaar.

 

Die leiers wat aanstaande jaar moet sorg dat sake vlot verloop by Hoërskool Hans Strijdom se Sekelbos-seunskoshuis is Duncan Viviers, Franswa van Niekerk, Diehan Pienaar, Ruan Nel, Tristan Snyman en Carlo Vos.

 

Tristan Snyman en Micke Hofmeyr is gekies as hoofleiers vir 2020 van Hoërskool Hans Strijdom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button