GalleriesSchools galleries

Hansies beloon vir harde werk

Hoërskool Hans Strijdom het op Donderdag 10 Oktober hul jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid aangebied en leerders bekroon vir harde werk en buitengewone prestasies.      

Hoërskool Hans Strijdom het op Donderdag 10 Oktober hul jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid aangebied en leerders bekroon vir harde
werk en buitengewone prestasies.

Micke Hofmeyer ontvang die toekenning van kultuurleerder van die jaar (intern) van Gerda Swanepoel (kultuurhoof). Micke het ook uitgeblink in revue, redenaars en debat.

 

Daniël Buys is aangewys as kultuurleerder van die jaar (ekstern) vir sy buitengewone prestasie in musiek. Hy het vanjaar sy Unisa-eksamen (gr. 5) met meriete geslaag. Hier ontvang hy sy trofee van Gerda Swanepoel, kultuurhoof by Hoërskool Hans Strijdom.

 

Jonathan Esser is ingesluit in die Suid-Afrikaanse vliegspan wat in Portugal gaan deelneem het. Op die foto oorhandig Robert Gower (voorsitter van die beheerliggaam) aan hom die toekenning vir sportleerder van die jaar (ekstern) vir hierdie buitengewone prestasie.

 

Janco van der Walt is die sportleer-der van die jaar (intern). Janco het uitgeblink in atletiek, landloop en provinsiale rugby. By hom op die foto is Spikkels de Wet, waarnemende hoof van Hoërskool Hans Strijdom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button