Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Lifestyle Ministries in Bela-Bela het op Saterdag 28 September ‘n baie geslaagde markdag by die Jisreël-kwekery net buite die dorp op die Thabazimbi-pad gehou. Daar was ‘n groot verskeidenheid stalletjies, vrolike musiek, prettige vermaak en heerlike versnaperinge. Die volgende markdag is op Saterdag 30 November vanaf 07:30 tot 13:00. Die verskeidenheid produkte wat aangebied word, het aansienlik uitgebrei en mense wat wil deel wees van hierdie heerlike gesinsdag kan vir Marie Horn bel by tel. 079 499 5779 of Susan de Klerk by tel. 082 925 9439.

 

Die Modimolle-polisie vra inwoners om op die uitkyk te wees vir Petrus Bila (27). Hy is sedert Maandag 26 Augustus vermis nadat hy laas in Uitbreiding 8 in Phomolong by sy pa se huis was. Hy is verstandelik gestrem en het nie sy medikasie by hom nie. Hy het ten tyde van sy verdwyning ’n swart langbroek en baadjie, blou hemp en tekkies aangehad. Hy het kort hare en is van mediumgrootte bou. Enigeen wat die polisie en sy familie kan help, kan AO Anita Pretorius bel by tel. 081 376 1899.

 

Die Waterberg Distrikslandbou-unie (WDLU) het tydens hul algemene jaarvergadering op Dinsdag 15 Oktober besluit om hul bestuurspan onveranderd te laat vir 2020. Op die foto is die huidige WDLU-uitvoerende komiteelede Corrie Nelson (voorsitter van die Warmbad-boerevereniging), Jaco Bogaards (voorsitter van die Nylstroom-boerevereniging), Sylvia Higgins (sekretaresse) en Henk van de Graaff (streekvoorsitter van die Transvaalse landbou-unie en voorsitter van die WDLU).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button