GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die ge­wil­de park­run wat Sa­ter­dag­og­gen­de in die Koro Creek-gholf­land­goed buite Mo­di­mol­le ge­hou word, het die af­ge­lo­pe week sy 50ste wed­loop ge­had. Die stap­pers en drawwers het dit ge­vier deur rooi hem­de aan te trek. Die park­run is ’n wêreld­wye be­we­ging waar 5 km-pret­stap of -draf gra­tis in ’n mooi om­ge­wing aan­ge­bied word. Deel­ne­mers se tyd word ge­neem en hul­le kan week­liks daar­op pro­beer ver­be­ter. Oud en jonk neem gees­driftig na hul ver­moëns deel. Die eers­te park­run in Modi­mol­le het ver­lede Ok­to­ber af­ge­skop en het bui­te ver­wag­ting ge­groei. Dit is nou ’n week­lik­se in­stel­ling vir tal­le in­wo­ners.

 

Die eerste krieketspan van Hoërskool Warmbad het op Saterdag 5 Oktober geskiedenis gemaak toe hulle die span van Southern Cross College van Hoedspruit oortuigend in die Limpopo-finaal by Stanford College buite Polokwane geklop het. Op die foto is Willem Victor wat ’n skitterende 98 lopies bygedra het tot die Warries se telling van 375 lopies. Willem het ook drie paaltjies vir slegs een lopie geneem. Hy is as speler van die wedstryd aangewys. Foto: Herman Steyn

 

Hoërskool Warmbad se eerste krieketspan is vanjaar vir die eerste keer in 20 jaar Limpopo-wenners nadat hulle die span van Southern Cross College van Hoedspruit geklop het. Corné de Jonge en Willem Victor het as openingskolwers ’n allemintige 140 lopies aangeteken. Die span het bestaan uit Onati Mahlangu, Matthew Maguire, Willem Victor en David Scabort. Agter is Tiaan Toet (afrigter), Corné de Jonge, Rinus Jacobs, Quinton Smith, Wilke du Plessis, KT Sono, Dylan van Rooyen, Ricardo Booysen, Ofentse Mokwena en Fanus Jacobs (afrigter). Foto: Herman Steyn

 

Waterberg Academy’s archers aimed for a win at the national competition in eMalahleni. Eight members of the Limpopo Development Team are from Waterberg Academy and the team placed second overall. The Waterberg Academy team placed fourth in the 3D shoot. Ruan Leonard shot very well and took first place among the Grade 5 learners, second place in the 3D primary school category, third place in the bullseye primary school category and second overall in the primary schools competition.

 

Lyandi van der Merwe, a learner from Waterberg Academy in Vaalwater, had a busy five days during the South African Show Jumping Championship which were held during the September holidays. On her horse, Carel Hancke Limpopo, she competed in the dressage prelim test 1, dressage prelim test 2, equitation intermediate 80 cm, accumulator 90 cm jumping competition, 90 cm jumping competition and working hunter 80 cm. On her horse ZigZag she took part in the accumulator 80 cm jumping, dressage novice test 1 and dressage novice test 2. Her hard work ranked Waterberg Academy in fourth position of participating schools.

 

Zhaneardt Grahan van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het die naweek van 5-6 Oktober aan die Limpopo-skoleswemkampioenskap in Polokwane deelgeneem. Altesame 280 swemmers wat 35 skole verteenwoordig het, het die geleentheid bygewoon. Zhaneardt het ses goue, een silwer en ’n brons medalje verower. Hy het ook vier rekords in sy ouderdomsgroep laat spat en algeheel tweede geëindig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button