GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Amanda Jansen van Vuuren, skoolhoof van Jinnah Park Primary School in Bela-Bela, het op Vrydag 4 Oktober tydens ’n galageleentheid van die departement van onderwys (LPOD) ’n toekenning ontvang vir Excellence in Primary School Leadership. Sy was derde in Limpopo. Skoolhoofde van regoor die land is gevra om voorleggings te doen en kon deurdring na die nasionale en internasionale kompetisie. Jansen van Vuuren is in September as wenner van die Waterberg-distrik aangewys. In die volgende ronde het sy teen hoofde van 10 provinsiale distrikte meegeding. Hoewel sy nie na die nasionale ronde deurgedring het nie, het sy steeds ’n splinternuwe grootskermtelevisie as prys ontvang.

 

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se gr.1-6 leerders het op Vrydag 4 Oktober ’n entrepreneursdag by die skool gehou. Dié vier entrepreneurs, Melienke Vermaak, Renier Fourie, Caeleb van der Walt en Ockert Olivier (almal in gr.3) het besluit om die geleentheid as ’n bewusmakingsveldtog vir borskanker te gebruik en het die ander leerders se hare gekleur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button