GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die vlak 4 artistiese meisiesgimnaste van die Ecarté-gimnastiekklub het op Saterdag 31 Augustus geskitter tydens die Limpopo-kampioenskap. Die meisies het altesaam 22 medaljes ingepalm en twee is Limpopo-kampioene. Al die vlak vier-gimnaste het Limpopo-kleure verwerf en hul provinsie tydens die Suid-Afrikaanse Gym Games in Kaapstad verteenwoordig. Voor is Anri Loots en Zúret Gilliland (Limpopo-kampioen). Agter staan Lindi Loots, Kiandra Doubell, Christene de Jager, Leoné Lottering en Simoné Engelbrecht (Limpopo-kampioen).

 

Die senior tuimelaars van die Ecarté-gimnastiekklub het op Vrydag 30 Augustus aan die Limpopo-kampioenskap in Bela-Bela deelgeneem. Gimnaste wat Limpopo-kleure verwerf het en die week van 24-28 September in Kaapstad aan die Suid-Afrikaanse Gym Games deelgeneem het, is Rialet Potgieter (eerste), Kialize Swart (eerste), Shilo van Tonder (derde) en Zúret Gilliland (eerste). In die middel staan Jenna Lee Schutte (tweede), Bianca Engelbrecht, Anri Briel (eerste) en Mario Opperman (tweede). Agter staan Stiaan Opperman (eerste), Shiane van Tonder (tweede), en Danike Nortman (eerste).

 

Die Ecarté-gimnastiekklub se vlak 5-7-meisiesgimnaste het op Saterdag 31 Augustus koning gekraai tydens die Limpopo-kampioenskap in Thabazimbi. Hulle het vyf Limpopo-kampioene opgelewer en altesame 30 medaljes ingepalm. Hierdie gimnaste het ook hul provinsie in Kaapstad verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Gym Games. Voor is Kylie de Jager (Limpopo-kampioen), Kialize Swart (Limpopo-kampioen) en Anri Briel (Limpopo-kampioen). Agter staan Rialet Potgieter (Limpopo-kampioen), Bianca Engelbrecht en Danike Nortman (Limpopo-kampioen).

 

Dié twee vlak-5-gimnaste, Stiaan Opperman en Mario Opperman, het die Ecarté-gimnastiekklub se naam op Saterdag 31 Augustus hoog gehou tydens die Limpopo-kampioenskap in Thabazimbi. Die twee het saam ses medaljes huis toe gebring. Mario was algeheel derde in sy ouderdomsgroep. Albei het Limpopo-kleure verwerf en op Dinsdag 24 September in Kaapstad aan die Suid-Afrikaanse Gym Games deelgeneem.

 

Rialet Potgieter ’n g. 8-leerder aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong, is gekies vir die Suid-Afrikaanse Aeronastix-span wat in 2020 in Mauritius gaan deelneem. Rialet is ’n vlak ses artistiese gimnas wat Limpopo die afgelope skoolvakansie by die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Kaapstad verteenwoordig het waar sy algeheel sesde uit 52 deelnemers in die ouderdomsgroep 13-17 jaar geëindig het. Sy word deur Charlene Engelbrecht van die Ecarte-gimnastiekklub in Modimolle afgerig.

 

’n Groep karatekas van die Waterberg Karate Academy is ná die Suid-Afrikaanse JKA nasionale karatekampioenskap gekies om in November 2020 aan die tiende JSKA-wêreldkaratekam-
pioenskap in Lübeck, Duitsland, deel te neem. Die groep bestaan uit Lizerie Jooste, Ethan Gouws, Shaun-Rico Farinha, Louan Wienekus, Llewellyn Nel en Keyen Uys. In die middel is Isabel Beneke, Charnee von Stade, Basetsana Matsepa, Janco Basson, Tiaan Jooste en Hernu Nortjé. Agter is Michael Carr, Alicia Farinha, Paul Kotze, sensei Nico von Stade, Eddie Kotze, Junior Machebe en Oratile Matsepa. Wanro Basson was afwesig met die neem van die foto. Mense wat tot die ywerige jong karatekas se ywerige fondsinsamelingsprojekte wil bydra, kan gerus die klub nader.

 

Rinus Jacobs van Hoërskool Warmbad het tydens die Bokkieweek van 26-28 September in Vereniging uitgeblink met die bal en kolf. Hy het tien paaltjies geneem en 187 lopies aangeteken. Rinus is aangewys as kaptein van die Suid-Afrikaanse Bokkieweekspan wat einde November na Indië reis. Dié span sal in vier wedstryde speel. Foto: Herman Steyn

 

Laerskool Nylstroom se o.12-tennisspelers was kookwater tydens die Limpopo-tenniskampioenskap wat op Saterdag 21 September in Polokwane gehou is. Op die foto is Jannes van Zyl (tweede op die seunsranglys), Gabby Greeff (vierde op die meisiesranglys), Hesmé Holtzhausen (derde op die meisiesranglys) en Johan Bosch (tweede op die seunsranglys).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button