Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Settlers Agricultural High School hosted their matric farewell on Thursday
8 August at a venue in Johannesburg. Lesley Phatudi and Shale Sebetha are two matric pupils who caught the eye during the evening.

 

Stephanie Gernandt, oudonderwyser van Modimolle en Bela-Bela, is op Saterdag 14 September in Pretoria met Christo van der Westhuizen getroud. Stephanie is tans ’n onderwyser by Laerskool Totiusdal. Sy en Christo woon in Villieria.

 

Die Bela-Bela-polisiestasie spog sedert Dinsdag 1 Oktober met twee nuwe voltydse bevelvoerders. Kol. Abel Phetla (regs), wat as waarnemende bevelvoerder in die plek van kol. Lindie Marx opgetree het, is Dinsdag voltyds in dié posisie aangestel. Marx het in Februarie ’n pos in die polisie in die Wes-Kaap aanvaar en daarheen verhuis. Kol. Pule Moses Moselane (links) is na die rang van kolonel bevorder en is aangewys as nuwe sigbare polisiëringbevelvoerder by die polisiestasie. Phetla het 33 jaar ondervinding in die polisie en Moselane 38 jaar.

 

Rekordpryse is behaal tydens die R10-brahmane-veiling wat op Saterdag 21 September by Castle Dewildt buite Modimolle gehou is. Dié kampioenbul, R10 Jean Manso, is aan Christiaan Botha van Alldays in Limpopo vir R1 miljoen verkoop. Die veiling is deur André Kock en Seun aangebied.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button