Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Die foto “I Love You” is deur Hannes Koch vir die wildlewekategorie tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms ingeskryf. Hy is aangewys as junior maandwenner en het ook ’n merietesertifikaat ontvang.

 

Hennie Ludik se kleurvolle foto “Dit is snoektyd in die Kaap” het ’n merietetoekenning in die senior afdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se September-vergadering. Bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 om by die klub aan te sluit.

 

Jan Pelser se treffende foto “Alleen” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se September-vergadering. Om by die klub aan te sluit, bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Die foto “Boatman stays home for now”, wat deur Frits Stegman geneem is, het ’n merietesertifikaat ontvang in die kategorie vir vaste onderwerp: Rustiek tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms. John Tapuch van die Pretoria Photographic Society het die foto’s beoordeel.

 

Drina van der Merwe se foto “Kom ons ry fiets” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se September-vergadering. Geesdriftige fotograwe kan vir Gerda de Bruto bel by tel. 082 563 4725 om by die klub aan te sluit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button