GalleriesSchools galleries

Matriekafskeid: Hoërskool Warmbad

                                                 

 

Hierdie matrikulante van Hoërskool Warmbad het die matriekafskeid met groot swier op teatrale wyse afgeskop toe Daniella de Freitas ’n paar swierige polkadraaie gemaak het. Daniella het pragtig gelyk in haar rooi rok. Haar metgesel, Ruald Ferreira, het self spoggerig gelyk in ’n donker pak en rooi sydas. Foto: Herman Steyn

 

Ricardo Booysen, krieketheld van Hoërskool Warmbad, is nie net ’n heer op die krieketveld nie, maar ook waar hy die metgesel was van Emma Stavrakis in haar elegante rooi balrok tydens die matriekafskeid. Foto: Herman Steyn

 

Duan Wilkens, matrikulant van Hoërskool Warmbad, was uitgevat in ’n wit aandbaadjie met ’n spoggerige rooi das wat aangesluit het by sy metgesel, Sydney Read, se stylvolle rooi aandrok. Foto: Herman Steyn

 

Roelof Daling en Arné Oosthuizen is albei matrikulante van Hoërskool Warmbad en het op Donderdag 19 September geskitter by die Warries se matriekafskeid. Roelof se blou hemp en das het by Arné se swierige koningsblou rok gepas. Die borduurwerk op dié skepping was besonders. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie paartjie, Arnika Christie en Christopher Bekker, het behoorlik uitgehang in hul deftige uitrustings by Hoërskool Warmbad se matriekafskeid. Arnika se rok was tydloos en baie elegant. Foto: Herman Steyn

 

Ofentse Mokwena, sportheld van Hoërskool Warmbad, het vir Precious Shitlane vergesel na Hoërskool Warmbad se matriekafskeid. Hierdie glanspaartjie is met hul aankoms luid deur die toeskouers toegejuig. Foto: Herman Steyn

 

David Schabort was deftig uitgevat in ’n moderne uitrusting. Sy ligblou linnebaadjie het die oog gesteel. Sy metgesel tydens die Warries se matriekafskeid was Ibke Potgieter in ’n treffende smaraggroen rok. Foto: Herman Steyn

 

Die gewilde KT Sono en sy metgesel, Katlego Kekana, het reeds vroeg by Hoërskool Warmbad se matriekafskeid op Donderdag 19 September aangekom. Katlego het ’n nousluitende pienk rok gedra en KT het ’n verrassende moderne pak in geruite materiaal gedra met ’n turkoois das en lapelspeld. Foto: Herman Steyn

 

Die matrikulante van Hoërskool Warmbad het die koppe behoorlik laat draai tydens die matriekafskeid op Donderdag 19 September. Tiaan Lotter het ’n windmakerige strikdas gedra by sy uitrusting wat Desi de Beer se sjampanjekleurige nousluitende aandrok perfek aangevul het. Foto: Herman Steyn

 

Ruben van Niekerk en Amelia van der Walt is albei matrikulante. Die paartjie het tydens die Warries se matriekafskeid op Donderdag 19 September die wenkombinasie van swart en koningsblou met groot sukses gedra. Foto: Herman Steyn

 

Corné de Jonge en sy metgesel, Nina Swart, tydens Hoërskool Warmbad se matriekafskeid. Corné het soos ’n wafferse edelman gelyk in sy donker pak, wit hemp en lapelspeld wat Nina se klassieke skepping gekomplementeer het. Foto: Herman Steyn

 

Willem Victor, kranige sportman van Hoërskool Warmbad, is nie net ’n blits op die veld nie, hy het ook op Donderdag 19 September geskitter tydens die Warries se matriekafskeid. Hy het sy sportklere verruil vir ’n netjiese pak en ’n turkoois das wat by sy metgesel, Kaylee Jordaan, se elegante turkoois aandrok gepas het. Foto: Herman Steyn

 

Anusca Holloway se ballerinalengte aandrok in pienk en roosgoud was baie elegant. Haar metgesel, Kurtis Dinzi, se deftige donkergrys driestukpak was gepas vir dié formele geleentheid. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie glanspaartjie van Hoërskool Warmbad het amper heel laaste opgedaag tydens die matriekafskeid. Maar soos die spreekwoord sê, wie laaste lag … Anrico van der Schyff en Tanita Swart het pragtig gelyk in hul klassieke en deftige uitrustings. Tanita het ’n swart aandrok aangehad wat haar skraal figuur gekomplementeer het en Anrico was ewe deftig in sy donkerblou pak en swart das. Foto: Herman Steyn

 

Die pragtige hoofmeisie van Hoërskool Warmbad, Nadia Terblanche, het die koppe laat draai met haar unieke geel balrok. Sy was ’n toonbeeld van klassieke eenvoud tydens die Warries se matriekafskeid. Haar metgesel was Walt Shanker. Hy het ’n deftige donkerblou pak gedra met ’n swierige rooi strikdas. Foto: Herman Steyn

 

Dit was duidelik dat blou die heersende modekleur was tydens vanjaar se matriekafskeid. Marné Buys het ’n elegante en vleiende middernagblou rok gedra. Michael Jordaan, matrikulant van Hoërskool Warmbad, het haar gekomplementeer met sy blou pak en pragtige donkerblou das. Foto: Herman Steyn

 

Die pragtige Mia White van Hoërskool Warmbad het elegant gelyk in haar geblomde rok. Die aantreklike jongman aan haar sy is Matthew Mcguire. Matthew was baie deftig in sy donker pak en menige krieketopponent sou hom nie herken het as die man met die giftige boulaanval nie. Foto: Herman Steyn

 

Die gewilde paartjie Ruben Jooste en Mijanke Blignaut van Hoërskool Warmbad het behoorlik die koppe laat draai. Mijanke het ’n treffende ligblou romp met ’n syspleet op die bobeen aangehad. Hierby het sy ’n bostuk in pragtige kant gedra met mooi knopiesdetail op die rugkant. Haar vriend, Ruben, het self spoggerig gelyk in sy donker driestuk pak. Foto: Herman Steyn

 

Nog ’n matrikulant van Hoërskool Warmbad wat die oog gevang het, was Janroe van Niekerk. Megan Stanford, wat besonder elegant gelyk het in haar rooi skepping, het hom vergesel. Foto: Herman Steyn

 

Chris Grobler, hoofseun van Hoërskool Warmbad, en sy metgesel, Simoné Benadie, was ’n treffende paartjie tydens die skool se matriekafskeid. Chris het ’n moderne aandpak gedra wat Simoné se groen rok perfek gekomplementeer. Foto: Herman Steyn

 

Hierdie rooi balrok van Anzeries van der Merwe het op Donderdag 19 September groot aftrek gekry tydens die Warries se matriekafskeid. André van Zyl, wat Anzeries vergesel het, was klassiek- deftig in ’n donker pak en kraakwit hemp. Foto: Herman Steyn

 

Die kantwerk op Kayla du Pisani se pragtige ligblou aandrok was besonders. Sy was die metgesel van Franna van der Merwe van Hoërskool Warmbad by die skool se matriekafskeid. Foto: Herman Steyn

 

Kabelo Kwadu het met sy ligblou pak sy metgesel, Mosa Moumakwe, laat skitter tydens Hoërskool Warmbad se matriekafskeid. Mosa het ’n koningsblou balrok gedra. Die romp het lintrose op gehad en die bostuk was met kristalle geborduur. Foto: Herman Steyn

 

Monique Brent-Meek en Dylan van Rooyen was nog ’n glanspaartjie op Donderdag 19 September tydens Hoërskool Warmbad se matriekafskeid. Monique het ’n sjampanje-kleurige aandrok gedra wat met silwer kant geborduur was. Dylan was geklee in ’n donker pak met ’n sjampanje-kleurige onderbaadjie. Foto: Herman Steyn

 

Natasha van der Merwe en Nico Nortjé was een van die mooi paartjies by Hoërskool Warmbad se matriekafskeid. Die skoolsaal is vanjaar prentjiemooi getooi vir die Warries se matriekafskeid.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button