GalleriesSchools galleries

Matriekafskeid: Hoërskool Hans Strijdom

                 

Adri Stols van Hoërskool Hans Strijdom het op Donderdag 19 September tydens hul matriekafskeid behoorlik die koppe laat draai in haar pragtige blougroen skepping. Foto: Staecy Laura Manuel van Wiz Photography

 

Ruan Robberts en Zanelle Moller het gelyk asof hulle by ’n romantiese aand in Parys is. Die twee jongmense het die matriekafskeid van Hoërskool Hans Strijdom by Tsekama Lodge bygewoon. Zanelle se swart vleiende aandrok het haar slanke figuur perfek gepas.

 

Daniel Buys, nog ’n matrikulant van Hoërskool Hans Strijdom, het die gaste ’n voorsmaak gegee van die heersende modes in Europa. Daniel het die aand “in Parys” baie geniet.

 

Die twee pragtige jongmense, Chandri Booysen en Jacques Moller, wat die foto in die veld laat neem het, is matrikulante aan Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong. Hulle het dié swierige uitrustings tydens die matriekafskeid op Donderdag 19 September by Tsekama Lodge gedra.

 

Hoërskool Hans Strijdom se hoofleiers van 2019, Jan-Daniel Swan en Skye Bester, het baie deftig gelyk tydens hul matriekafskeid op Donderdag 19 September. Skye het ’n ligblou skepping gedra wat haar slanke figuur gekomplementeer het. Jan-Daniel het self klassiek elegant gelyk in ’n pak klere, kraakwit hemp en ’n sydas.

 

Stefan Breedt en Janita Hoffmann tydens die opkoms van die matrikulante by Hoërskool Hans Strijdom se matriekafskeid. Janita se middernagblou rok met pragtige kristalwerk op die bostuk is beslis ’n skepping wat lank onthou sal word.

 

Nog twee matrikulante wat die gaste bekoor het met hul deftige uitrustings is Lizmari Steenkamp en Carl-Henry Keyter van Hoërskool Hans Strijdom. Lizmarie se rok was van sysagte pienk materiaal en die bostuk was ryklik in silwer geborduur. Carl-Henry het ’n tydlose aandpak gedra en ’n parmantige pienk onderbaadjie.

 

Classy-Joy Makhubela en Ketsi Molobi is matrikulante van Hoërskool Hans Strijdom en het op Donderdag 19 September behoorlik die toskouers laat regop sit met hul deftige rooi en swart uitrustings. Dié skool se matriekafskeid is by die pragtige Tsekama Lodge buite Modimolle gehou.

 

Magnus van Niekerk het spoggerig gelyk tydens die Hansies se matriekafskeid op Donderdag 19 September. Sy donker pak en rooi das is die antwoord vir enige formele geleentheid.

 

Andani Nesengani en Polite Nkomo, matrikulante van Hoërskool Hans Strijdom, het gewys hoe lyk die mode op Parys se loopplanke tydens hul matriekafskeid op Donderdag 19 September. Die tema van die matriekafskeid was “A night in Paris”.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button