GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Sandra Eras­mus, oud­leer­der van Hoër­skool Warm­bad, het op Sater­dag 14 Sep­tem­ber aan ’n prestige-kara­te­toer­nooi by die Solis Ortus-klub in Pre­toria deel­ge­neem. Sy het die kata-afde­ling gewen en was tweede in die ku­mite-afde­ling. Op die foto is Sandy Oost­huizen, Sandra Eras­mus en Elmien Viljoen.

 

Die al­ge­he­le wen­ners van die Presi­dents­dag­toer­nooi wat op Saterdag 14 Septem­ber deur die Naboom­spruit-rolbal­klub gehou is, is Ur­na An­nan­dale (links) en Pik­kie Nort­jé (regs). Wim­pie Bo­tha, klub­pre­si­dent, staan in die middel.

 

Ga­wie le Roux het die mees­te bal­le raak­ge­rol ty­dens die Presi­dents­dag­toer­nooi op Sater­dag 14 Septem­ber by die Naboom­spruit-rolbal­klub. Die spe­lers wat aan die drie­spel en pa­re-i­tems deel­ge­neem het, was ver­deel tus­sen in­wo­ners van Gholf­park, die dorp, Die Oog af­tree­land­goed en om­lig­gen­de pla­se.

 

Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan is op Dinsdag 13 Augustus as streekligawenners aangewys. Voor is Lukas van der Merwe (onderkaptein) en Franco Steenkamp (kaptein). In die eerste ry is HP van Heerden, Hendry van Staden, Tiaan Steffen, Zian Vermeulen en Leander Janse van Rensburg. In die tweede ry is Roelf Vorster (afrigter), Altus du Plessis, Jannes van Zyl, Jaco Briel, Wihan Bezuidenhout, Willie Kruger en Brandon Neveling (hulpafrigter).

 

Laerskool Nylstroom se tweede krieketspan is op Dinsdag 13 Augustus as streekligawenners aangewys. Voor is Victor Pieterse, Kaden Hayes, Stefan van Heerden, Marnus Röntgen en Stiaan Opperman. Agter staan Raynard Jansen van Rensburg (afrigter), Damian Bosman, Alec Durand, Matthew Eberwein, Rohan Röntgen, Brendan Davey (onderkaptein), Pieter van Heerden en Landré van Staden (kaptein).

 

Altesame 12 skole se langasems het dit die afgelope kwartaal uitgespook tydens die skolelandloop. Daar was vier byeenkomste en op Woensdag 4 September het die o.12-meisies by die Groblersdal Academy deelgeneem. Laerskool Nylstroom se Emily Greeff, Megan van der Merwe en Amber Ras is as wenners van hulle ouderdomsgroep aangewys.

 

Laerskool Nylstroom se tennisspanne het op Maandag 9 September in Polokwane aan die Limpopo-tennisbyeenkoms deelgeneem. Die seuns A-span was Waterbergliga-wenners en Limpopo-naaswenners. Hulle is Jannes van Zyl, Tiaan Steffen, Wihan Bezuidenhout, Pieter van Heerden (reserwe) en Johan Bosch.

 

Laerskool Nylstroom se meisiestennis A-span was naaswenners in die Waterbergliga en het ’n derde plek in die Limpopo-kampioenskappe verwerf. Hulle is Hesmé Holtzhausen, Anika Swart, Melissa Meyer, Gabby Greeff en Megan van der Merwe (reserwe).

 

Laerskool Nylstroom se seunstennis B-span was naaswenners in die Waterbergliga. Hulle is Ruben Viljoen, Louis Erasmus, Stefan van Heerden, Erlu Fourie en Pieter van Heerden.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button