Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleriesGalleries Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? September 20, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Manlike amptenare van die Bela-Bela-munisipaliteit het op Vrydag 13 September gewys hulle steun die landwye projekte wat geweld teenoor vroue en kinders afkeur. Die Bela-Bela-manne, waaronder Je- remiah Ngobeni, burgemeester, en Sello Michael Makhubela, munisipale bestuurder, het almal swart klere aangetrek en selfs as vroue opgetof om hul ondersteuning van die veldtog te wys. Polisielede in Limpopo is op Woensdag 11 September tydens ’n glansryke geleentheid in Polokwane vir uitnemendheid vereer. Ook plaaslike polisielede was in die kollig. Op die foto is kapt. Sian van der Berg, lt. kol. Ntsobe Lekgoathi, kapt. Piet Rapetswa, brig. Annelien Steyn, lt. kol Jan Koekemoer, kapt. Piet Schoeman en AO Blok Pretorius, almal van die Modimolle-kring, wat Vaalwater, Rankinspas, Modimolle, Mookgophong, Roedtan en Tuinplaas insluit. Die Bela-Bela-polisie het op Dinsdag 17 September in Oosthuizenstraat in die dorp beslag gelê op ’n gesteelde voertuig, ’n silwer STI Volkswagen Polo. Sers. Frans Maponya, Bela-Bela-polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal verdagtes was dieselfde dag in Mokopane by ’n inbraak betrokke en dié booswigte het die voertuig by ’n voertuighandelaar in Mokopane gesteel. Hulle het daarna rekenaartoerusting by ’n plaaslike onderneming gebuit en na Bela-Bela gevlug. Hoewel die polisie die verdagtes probeer voorlê het, is hulle tans nog op vrye voet. Die voertuig is verlate gevind. Enige persoon met inligting oor die voorval word aangeraai om die polisiestasie dadelik te kontak by tel. (014) 736 9760/1. September 20, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print