GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die o.13-hokkiespan van die Euphorbiaskool in Mookgophong het die seisoen as die Oos-streek se B-ligawenners afgesluit. Voor is Anja Labuschagne, Kaylin Odendaal, Lené de Bruin, Ané Pretorius, Minette Tolmay, Lani Briel en Anita van der Merwe. Agter is Lauretta Yzzel, Izabella Rentroia, Chinika Pretorius, Jani van Heerden (afrigter), Isabelle de Beer en Chaldene Burger.

 

Die o.9-landloopspan van die Euphorbiaskool in Mookgophong het puik gepresteer tydens die Waterberg-streekkampioenskap. Die meisies, Nicolene Labuschagne, Charné Coetzee, Mia Botha en Lize Janse van Rensburg, het die afgelope drie jaar met die eerste plekke in hul ouderdomsgroep weggestap.

 

Ruan Turvey en Hannes Roux van die Euphorbiaskool in Mookgophong het derde plekke behaal in die seuns o.7-wedloop van die Waterberg-streekkampioenskap.

 

Die eerste krieketspan van Laerskool Warmbad het met Laerskool Thabazimbi afgereken om ’n plek in die semifinaal van die liga te bekom. Die span sal op Donderdag 19 September met bal en kolf teen Laerskool Tzaneen in Mokopane kragte meet.

 

Laerskool Warmbad se eerste hokkiespan het tydens die onlangse Sekhukhune-liga die Groblersdal Academy met 6-2 en Laerskool Julian Müller met 1-0 gewen. Die span het danksy hierdie seges deurgedring na die Limpopo-finaal wat eerskomende naweek in Tzaneen plaasvind. Die Warries speel teen Laerskool Pietersburg-Oos.

 

Amoné van Niekerk (vlak 5) van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 31 Augustus aan die Limpopo-gimnastiekkampioenskap deelgeneem. Sy was eerste op die vloer, tweede op die balk en brug en derde met die spronge. Sy was ook algeheel tweede in die kompetisie.

 

Die vlak 4-7-tuimelgimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Vrydag 30 Augustus aan die Limpopo-tuimelkampioenskap deelgeneem en puik presteer. Op die foto is Silara van der Merwe (goud) en McKayla Vermaak (brons). Agter staan Reinhard van Niekerk (goud) en Amoné van Niekerk (goud).

 

Die vlak 1-3-tuimelgimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Vrydag 30 Augustus aan die Limpopo-tuimelkompetisie deelgeneem en verskeie plekke behaal. Voor is Lienke Strydom (silwer) en Mia Strydom (goud). In die middel is Megan Holtzhausen (goud), Amelia Louw (goud) en Sinze Oosthuizen (silwer). Agter staan Henk Rhodes (goud), Pieter van Emmenis (goud), Alex van der Walt (goud) en Dirk Brits (silwer). Op die inlas is Megan Holtzhausen (goud) en is Danieta Beneke (silwer).

 

Die Ecarté-gimnastiekklub van Modimolle se tuimelaars het puik gevaar tydens die tuimel-distriktekompetisie wat op Sondag 21 Julie plaasgevind het. Voor sit Rialet Potgieter en Bianca Engelbrecht wat albei algeheel tweede was. Agter staan Mario Opperman (eerste), Danike Nortman (tweede) en Stiaan Opperman (tweede).

 

Die Ecarté-gimnastiekklub van Modimolle se artistiese gimnaste het die naweek van 20-21 Julie in Pretoria aan die Eldosterre-kompetisie deelgeneem waar hulle die medaljes laat inrol het. Die volgende gimnaste het onder die eerste drie in hul onderskeie vlakke en ouderdomsgroepe geëindig. Voor sit Kialize Swart (tweede), Kylie de Jager (eerste) en Christine de Jager (derde). In die middel is Zéke Coetzer (derde), Danike Nortman (tweede) en Colin Boshoff (tweede). Agter staan Kiandra Doubell (tweede), Lindie Loots (derde) en Bianca Engelbrecht (tweede).

 

Drie van die Ecarté-gimnastiekklub se artistiese gimnaste het op Saterdag 27 Julie puik gevaar tydens die vlak 4-9-kompetisie in Brits. Voor is Kialize Swart wat algeheel tweede geëindig het in vlak 6 (6-10 jaar). Mario Opperman was die kampioen in vlak 5 (11-12 jaar) by dié byeenkoms en is ook aangewys as vlak 5-gimnas met die hoogste gemiddeld. Colin Boshoff het in vlak 7 (16 jaar en ouer) met die algehele brons medalje weggestap.

 

Die eerste krieketspan van Hoërskool Nylstroom het op Saterdag 7 September vir Mahwelereng High School behoorlik die stryd aan-gesê op die Nylies se tuisveld. Franco van Zyl (regs op die foto) het 70 lopies aangeteken en het verseker dat sy span ’n sege behaal. Hy was ook veilige hande agter die paaltjies. Foto: Herman Steyn

 

Hoërskool Warmbad se eerste krieketspan het op Saterdag 7 September met die span van Hoërskool Ben Viljoen kragte gemeet. Ben Viljoen het eerste gekolf en 199 lopies aangeteken. Die Warries het hierdie teiken met gemak in 33 boulbeurte behaal. Ricardo Booysen het ’n ankerrol gespeel deur vyf paaltjies te neem en ’n skitterende 62 (nie uit nie) lopies aan te teken. Foto: Herman Steyn

 

Asher Petersen (u.12), a learner from Waterberg Academy in Vaalwater is ranked sixth in Limpopo for cross country in his age group.

 

Waterberg Academy’s Livingston Banda negotiates a rocky path as three fathers watch in admiration. This Grd 10 learner will be riding for Limpopo’s Mountain Bike team at the national championships during the September holidays. Between 14 to 15 of the school’s mountain bikers are trained by Nikki Eager and regularly take part in Saturday races.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button