Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Amanda Jansen van Vuuren, hoof van Jinnah Park Primary School in Bela-Bela, het op Vrydag 6 September tydens ’n galageleentheid van die departement van onderwys ’n toekenning van uitnemendheid vir laerskoolleierskap ontvang. Jansen van Vuuren is as wenner in die Waterberg-streek aangewys en moet nou op provinsiale vlak meeding. Sy het gesê die toekenning is vir haar ’n eer en ’n voorreg ná al die jare wat sy aan die stuur van sake by Jinnah Park Primary School was. Saam met haar op die foto is Martin Radebe en dr. Sam Maluleka, verbonde aan die departement onderwys, tydens die prysuitdeling.

 

Die heerlike geur van kaneel het deurgaans in die lug gehang tydens die Veemark-landbouskou wat van 15-17 Augustus by die veekrale buite Bela-Bela gehou is. Die Vroue Landbou-unie (Warmbad-tak) het ’n allemintige 2 500 pannekoeke gebak vir fondsinsameling. Op die foto is Anet van Rooyen, Ria Coetzer, Rita McNeer, Jenny Escreet en Marlo van den Berg agter die stofies. Meisie Hurter, met haar rug na die kamera, het die geldsake hanteer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button