Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Ancia du Plessis is met ’n meriete- sertifikaat beloon vir haar foto “Pure Pleasure” in die kategorie vir menslike portrette tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Retha Stegmann se foto “Giant’s Causeway” was die wenner in die landskappe-kategorie tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, stuur vir Lizelle Koch ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Dorette Nel se foto “Waar is die nektar?” is as wenner aangewys in die kategorie vir makro- en nabyfoto’s tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeen-koms. Sy het ook ’n merieteser-tifikaat ontvang. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar.

 

Jan Pelser se foto “Kuifkop” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling ge-wen tydens die Warmbad-fotografieklub se Julie-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela.

 

Kathleen Stevens se besondere foto “Table Mountain” het ’n merietetoekenning in die tweesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Julie-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting, bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button