GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Christian Oberholzer en Jaco Maritz van Laerskool Warmbad het van 6-7 September aan die Tritech Ekspo in Tzaneen deelgeneem en het elk ’n brons sertifikaat behaal vir hul projekte.

 

Hierdie drie leerders van Laerskool Warmbad, Adele Schoeman, Lindi Prinsloo en Dean Roux, het besluit om ’n verskil in hul dorp te maak. Dié maats ry Sondagmiddae fiets vir oefening en het besluit om al die rommel langs die roete waar hulle ry op te tel. Hier staan hulle met die sakke rommel wat hulle die afgelope week opgetel het.

 

Jessica Hooneberg en Clarisa Kruger sê hierdie Vrydag 6 September was ’n baie lang dag. Hulle het deel gehad in die program wat die Waterbergskool vir CVO in Modimolle aan die grootouers en besoekers voorgehou het. Die kostelike foto is die werk van Herman Steyn, Die Pos se bekroonde fotograaf.

 

Melienke Vermaak (9) en Anzelle Coetser (11) van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het op Vrydag 23 Augustus hul Unisa-klaviereksamen afgelê. Melienke het gr. 1 met lof geslaag en Anzelle het voorgraad 1 met lof geslaag. Hulle is albei musiekleerders van Hannalie Kriek by die Hoërskool Warmbad-musieksentrum.

 

Janice McBride (left) once again organised the Waterberg Academy Arts Festival. With her is Bianca Mocke and Tayla-Kae Nicholson, the adjudicators. Since its start five years ago, the learners’ performances have improved year by year.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button