GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Warmbad se eerste krieketspan het op Saterdag 31 Augustus teen Hoërskool Pietersburg (PHS) kragte gemeet. PHS se tweede span het die teiken gestel deur 251 lopies aan te teken. Die Warries het die teiken in slegs 17 boulbeurte bereik, met nog drie paaltjies staande. Uitblinkers in die wedstryd was Matthew Maguire wat vier paaltjies geneem het en Willem Victor het 79 lopies aangeteken. David Schabort (foto) was nog een van die staatmakers in die span. Die Warries speel hierdie naweek teen Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal. Foto: Herman Steyn

 

Dié vier manne van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle is gekies om aan te sluit by die Tuks-rugbyklub. Voor is Nolan Nel (o. 12) en agter is Henco Meyer (o.13), Henru Botha (o.13) en Strachan Schmidt (o.12). Henco Meyer het ‘n uitsonderlike prestasie behaal deur ook vir die o. 13 Bulle-span gekies te word!

 

Hierdie leerders van die Waterbergskool vir CVO het op Saterdag 10 Augustus aan die krieket BCVO-streektoernooi deelgeneem. Hulle is Ruan Campher (o.13), Jano le Roux (o.19) en Ruben Doubell (o.15). Ruan en Jano is ook gekies vir die BCVO-nasionale krieketspan.

 

Dié vier seuns van Laerskool Nylstroom in Modimolle is op Saterdag 17 Augustus vir die o.12-streekkrieketspan gekies. Hulle het op Saterdag 31 Augustus in Polokwane aan die proewe deelgeneem. Op die foto is Wihan Bezuidenhout, Jannes van Zyl, Tiaan Steffen en H.P. van Heerden. Johan Bosch (o.11) en Lukas van der Merwe (o.13) het ook aan die proewe deelgeneem. Hou hulle dié seisoen dop!

 

JC Meintjies van Laerskool Nylstroom het op Saterdag 31 Augustus saam met sy oupa, Jan Diederichs, aan die American Scramble-gholfdag by die Euphorbia-gholfklub in Mookgophong deelgeneem en het ’n vleisgeskenkpak en ’n trofee gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button