Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in- en om die Waterberg?

Vyf van Die Pos se personeellede het verlede week ’n kursus in media-etiek by Capital Media in Pretoria deurloop. Nuwe mediawetgewing, slaggate in die joernalistiek en op sosiale media, asook die nuwe bepalings van die perskode is aan die groep van sowat 25 kursusgangers verduidelik. Helene Eloff (prokureur, joernalis en regsadviseur van die Caxton-koerantgroep) was die kursusleier. By haar sit Ronel van Jaarsveld van Die Pos en agter staan Willie Nel, Sue Kotze, Lesly Barnard en Keina Swart.

 

Die polisie het kuns­tenaars­voor­stellings vry­gestel van die drie ver­dagtes wat gesoek word in ver­band met die aan­val op ’n afge­trede egpaar van Bela-Bela. Die eg­paar, wat ver­kies om ano­niem te bly, is op Vrydag 9 Augustus in hul huis in Apies­doring­laan in die dorp vasge­bind en beroof. Die ver­dagtes het hulself as huis­kopers voor­gedoen. Mense met inligting word gevra om kapt. Renier Schutte, onder­soek­beampte, by die Bela-Bela-polisie­stasie te bel by tel. 082 565 9051 of tel. (014) 736 9733/9755.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button