Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Johan Lourens en Lisa Marx is op Saterdag 4 Mei getroud tydens ’n pragtige sere-
monie by die Tsekama Lodge naby Tuinplaas. Johan is die seun van Marita en wyle Bekker Lourens van Bela-Bela. Lisa is die dogter van Thereza en Otto Luk van Namibië. Die paartjie woon in Bela-Bela waar Johan vir Ruby Mountain-konstruksie en Lisa vir Century 21 werk.

 

Sers. Cassie Compaan tree einde Augustus ná baie jare by die polisie se motorhawe-afdeling af. Hy het 22 jaar gelede van Pretoria na Modimolle verhuis. “Cassie is as polisielid en inwoner bekend en geliefd vanaf Pretoria tot in Lephalale, van Thabazimbi tot in Polokwane. Ons salueer jou jare van vriendskap en lojaliteit, jou bekwaamheid en hulpvaardigheid. Jou onbaatsugtige diens word waardeer. Ons gaan jou grappies en lekkergoed mis,” het sy kollegas laat weet. “Geniet jou aftrede en die goue jare wat voorlê.”

 

Die Human-gesin van Modimolle het hartseer afskeid geneem van Louis Human (44) nadat hy ernstig siek was aan limfoonkanker. Human het in Modimolle grootgeword en aan Hoërskool Nylstroom gematrikuleer. Hy het 20 jaar by PSG Optimum gewerk. “Hoewel Louis siek was, kon hy weer teruggaan werk toe. Dit is slegs die laaste maand wat vir hom baie moeilik was,” het sy ma, Erna, gesê. “Ons familie wil ons opregte dank betuig teenoor die gemeenskap wat ons oorweldig het met oproepe, besoeke, blomme en hul teenwoordigheid by Louis se troosdiens. Ook aan past. Kobus Visser wat hom bygestaan het.” Hy laat sy ouers, Johan en Erna, sy broer Danie en skoonsus Marilize en hul kinders, Rupert en Finley (foto) en Ernan agter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button