Home/Galleries/Oor die wenstreep… GalleriesSports galleries Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. August 23, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Ruben Stolz van Laerskool Warmbad se o.10-krieketspan het op Dinsdag 13 Augustus baie goeie boulsyfers aangeteken in hul wedstryd teen die span van Laerskool Bosveld. Bosveld het egter die teiken gehaal en die Warries met drie paaltjies gewen. Foto: Herman Steyn Laerskool Nylstroom speel dié seisoen baie goeie tennis. Die Nylies se Anika Swart het op Woensdag 14 Augustus bygedra tot haar span se sukses toe hulle Laerskool Warmbad se eerste tennisspan geklop het. Foto: Herman Steyn Dié langasems van Laerskool Nylstroom het die Limpopo-landloopspan gehaal en neem op Saterdag 7 September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Pretoria deel. Op die foto is Megan van der Merwe, Elandi van Staden, Eugene Barnard, Paul du Plessis en Kayla van der Merwe. René Oosthuizen, onderwyser van Hoërskool Nylstroom, het vir die matrieks gewys wat balbeheer op ’n netbalbaan is. Die Nylie-onnies het die matrieks behoorlik laat bontstaan in die onlangse wedstryd tussen die skool se Blyers en Glyers. Foto: Herman Steyn Kansa se Shades of Pink pretstap- en hardloop vind eersdaags weer plaas. Stappers kan kies of hulle aan die 5 km-, 10 km-, of 20 km-afstande wil deelneem en kan hul gunstelingskakering pienk dra om Kansa te ondersteun. Sonroom, sonhoede en armbeskermers met ’n SPF 50 sal op die dag teen bekostigbare pryse te koop aangebied word. Lekker pryse is ook op die spel. Die pretstap vind op Saterdag 31 Augustus om 06:30 vir 07:00 op die ou Kranskoppad plaas. Die toegangsgeld is enige donasie vir Kansa. Vir meer inligting, bel vir Ansie van Heerden by tel. 076 409 4444. Dié foto is by verlede jaar se byeenkoms geneem. August 23, 2019 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print