Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Dina Joubert van Bela-Bela het op Vrydag 9 Augustus (Vrouedag) haar 88ste verjaardag gevier. Joubert is ’n bekende en geliefde inwoner. Sy was vir baie jare matrone by die Warmbad-hospitaal en wy haar sedert haar aftrede aan gemeenskapsdiens en die versorging van minderbevoorregtes. Sy dien reeds 30 jaar as diaken by die NG Warmbad Wes-gemeente en speel ’n sleutelrol in die gemeente. Op die foto is Joubert (voor links) saam met haar vriendinne tydens die verjaardagvieringe.

 

Siesa! ’n Ont­stel­de in­wo­ner het vroeg Maan­dag­og­gend 12 Augus­tus op dié gebruikte kondoom by die pos­bus­se in Mo­di­mol­le afgekom. Daar is teen die pos­bus­se geüri­neer. Die Pos het in Ju­nie be­rig dat in­wo­ners kla om­dat die pos­bus­se, wat oop is vir die pu­bliek, snags deur sluip­sla­pers as toi­let­te ge­bruik word. Die pos­kan­toor het gerea­geer dat hul per­so­neel die pos­bus­se el­ke og­gend skoon­maak en dat hul­le die po­li­sie ver­soek het om ge­reel­de pa­trol­lies te doen om sluip­sla­pers te ver­jaag. Johan Kruger, woord­voer­der van die Pos­kan­toor, het ge­sê dat die tak be­ves­tig het dat hul­le vroeg­og­gend skoon­maak so­dra die perso­neel aan diens kom. “Maan­dag­og­gen­de is daar ge­woon­lik be­son­der baie vul­lis by die pos­bus­se. Ons vra om ver­sko­ning. Ons kliënt­e sal ’n baie aan­ge­na­mer er­va­ring hê as hul­le ’n biet­jie la­ter in die og­gend kom pos uit­haal,” het hy ge­sê.

 

Stompie Vermeulen en Wil-ma van der Merwe, lede van die Vaalwater-tak se Vroue Landbou-unie (VLU), het op Dinsdag 30 Julie ’n heerlike oggend by die tak se maandvergadering deurgebring waar hulle geleer het om Persiese appliekwerk te doen. Die vroue is bederf met ’n watertandhoenderslaai wat deur Marie Buys op ’n keuriggedekte tafel voorgesit is. Die volgende vergadering is op Dinsdag 27 Augustus by die Gereformeerde Kerk Vaalwater.

 

Carina en Reuben Aldum is op Saterdag 4 Mei getroud. Reuben is die seun van Reuben snr. en Martjie Aldum van Bela-Bela. Carina se ouers, Ettiene en Maré Snyman, woon in Vereeniging. Reuben is ’n oud-Warrie en Carina het in Vereeniging grootgeword. Die egpaar woon en werk tans in Centurion in die finansieringsbedryf.

 

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) het op Vrydag 9 Augustus ’n glansryke oggend vir inwoners van Bela-Bela aangebied. Die geleentheid het as fondsinsameling vir Huis Talje gedien. Die vroue is getrakteer op die fluweelstem van Chris Coetzer en Sybil du Plessis het as gasspreker opgetree. Op die foto is Albie Pretorius, Rika Kruger, Rose Baloyi, Elsie Pretorius, Stefanie Henning, Susan de Klerk, Hester du Toit, Alta Nieuwoudt (maatskaplike werker by Huis Talje), Chris Coetzer (gaskunstenaar) en Sybil du Plessis (gasspreker).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button