GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Hoërskool Nylstroom se dramagroep het ’n A++ by die Eugène N. Marais-kunstefees in Mookgopong verower. Hulle het ook ’n A++ was by die Bosveld-kunstefees in Mokopane behaal. Op die foto is die tegniese span, Jaco Stoffberg en Hanré Richardson voor. Agter is Renske Gomes (onderwyser en afrigter), Adrie Calitz (onderwyser en afrigter), Junita van Loggerenberg, Aldi Serfontein, Aldrae van Vuuren, Melissa van Loggerenberg, Jowiné Bezuidenhout, Kaiden Barthram en Thinus Pretorius (onderwyser).

 

Dié leerders van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is gekies om Limpopo se provinsiale Lands-
diensspan in Desember by die nasionale kamp te verteenwoordig. Voor is Rialet Potgieter en Loura Potgieter. Agter is Megan Young, Mia Koorzen, Anzelle Zeelie en Carla van der Walt. Elani van der Walt was afwesig met die neem van die foto.

 

Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het sy akademiese uitblinkers in elke graad aan die einde van die tweede kwartaal aangewys. Op dié foto is elke graad se top leerder: Rochelle Ruthven (gr. 8), Yvette Swan (gr. 9), Xander Bester (gr. 10), Inge Greef (gr. 11) en Carl-Henry Keyter (gr. 12).

 

Hardie Swart, wat in 2005 Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong se hoofseun was, is op Woensdag 17 Julie as die Suid-Afrikaanse finansiële adviseur van 2019 aangewys. Hy het hierdie uitsonderlike toekenning van die Finansiële Beplanningsinstituut van Suid-Afrika (FPI) tydens ’n spoggeleentheid by die Sandton Convention Centre in Johannesburg ontvang.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button