GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Dié leerders pluk die vrugte van harde werk. Hoërskool Nylstroom se toppresteerder in elke graad ná die tweede kwartaal, is Mia Kirsten (gr. 8), Magdelyn van Heerden (gr. 9), Janique Erasmus (gr. 10), Tshireletso Chauke (gr. 11) en Lindi Brits (gr. 12).

 

Hoërskool Nylstroom het die aktiefste hoërskool Landsdiensklub in Limpopo. Leerders het die afgelope vakansie die provinsiale kamp by Badseloop buite Mookgophong bygewoon. Altesame nege leerders is verkies om Limpopo tydens die nasionale kamp in Desember te verteenwoordig. Voor is Kaiden Barthram, Clement Mabotja en Curt Kührau. Agter staan Aldi Serfontein, Zandré Coetzer, Tabane Matabane, Izette Beytell en Rose Makwela, Noko Dipela en Renske Gomes (personeellid). Carmen Kührau was afwesig toe die foto geneem is. Die gr. 8- en 9-leerders kamp by Thaba Marula in Noordwes en die gr. 10- tot 12-leerders by Joy Unspeakable-kampterrein in Gauteng.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button