GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Laerskool Vaalwater se hokkiemeisies is baie opgewonde om vanjaar weer vir Ilse Joubert, gewese ouer van die skool, as afrigter te hê. Chanel Jacobs (gr. 1-onderwyser) is ook ’n afrigter. Hier lei sy die meisies met opwarmingsoefeninge.

 

Wihan Bezuidenhout, ’n leerder aan Laerskool Nylstroom, het vanaf 13-15 Junie aan die Swadini o.12-streekrugbytoernooi deelgeneem. Hy is as die beste rugbyspeler van die toernooi aangewys. By hom staan Naudé Koen en Gideon van Dyk, afrigters van die Waterbergspan.

 

Die Waterberg Karate Academy het op Saterdag 8 Junie aan die JSKA SA se 35ste nasionale kampi-
oenskap in Pretoria deelgeneem. Die karatekas van die klub wat medaljes verower het, het ook hul Limpopo-kleure verwerf. Voor is Lizerie Jooste, Ethan Gouws, Shaun-Rico Farinha, Louan Wienekus, Llewellyn Nel en Keyen Uys. In die middel is Isabel Beneke, Charneé von Stade, Basetsana Matsepa, Janco Basson, Tiaan Jooste en Hernu Nortjé. Agter is Michael Carr, Alicia Farinha, Eddie Kotze, sensei Nico von Stade, Paul Kotze, Junior Machebe en Oratile Matsepa. Pretty Hlongwane was afwesig toe die foto geneem is.

 

Ruben Doubell, Jano le Roux en Ruan Campher van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het die afgelope naweek aan die Sentraal-Transvaal-krieketproewe in Pretoria deelgeneem. Ruan is in die o.13A-Sentraalspan opgeneem en Jano en Ruben in die o.19-Sentraalspan. Jano is ook as kaptein van sy span aangewys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button