Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Michelle Rootman se foto “Tussen treine” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Julie-vergadering. Bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725 om by dieklub aan te sluit.

 

Die foto “The beauty of old rust” wat deur Henry Mudge se lens vasgevang is, is tydens die Bosveld-fotografieklub se Mei-byeenkoms as wenner in die kategorie vir vaste onderwerpe aangewys. Hy het ook ’n merietesertifikaat ontvang. Die klub vergader een keer per maand in Modimolle. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com (.)

 

Hennie Louw se foto “Threesome 1” is aangewys as kategorie- en senior maandwenner tydens die Bosveld-fotografieklub se Junie-byeenkoms. Hy het ook ’n merietesertifikaat ontvang. Die foto’s is deur Neil Lane en Willem Botha van die Boksburg-kameraklub beoordeel. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Frits Stegmann was die wenner in die kategorie vir straatfotografie met sy foto “Mobiele Verfwinkel” tydens die Bosveld-fotografieklub se Julie-byeenkoms. Die klub vergader maandeliks in Modimolle. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com (.)

 

Hennie Louw se foto “Age before beauty” was die wenner in die kategorie vir monochroomfoto’s tydens die Bosveld-fotografieklub se Julie-byeenkoms. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button