Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Ancia du Plessis se lens het die foto “Wolfspinnekop” vasgevang en dit is aangewys as die wenner in die makro-kategorie tydens die Bosveld-fotografieklub se Junie-byeenkoms. Die foto’s is deur Neil Lane en Willem Botha van die Boksburg-kameraklub beoordeel.

 

Willem Pietersen se foto “Ou brug in monding” het goed presteer by die Warmbad-fotografieklub se Maart-vergadering. Die foto het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling behaal. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Kathleen Stevens se besondere foto “Sea bliss” het ’n merietetoekenning in die tweesterafdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie-vergadering. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand om 18:00 by die AP Kerk op die hoek van Katjiepiering- en Huilboslaan in Bela-Bela. Belangstellendes is baie welkom. Vir meer inligting bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Alma Hoon se pragfoto “Uiltjie met haar maaltyd” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se April-vergadering gewen. Die klub vergader maandeliks by die AP Kerk op die hoek van Huilbos- en Katjiepieringlaan in Bela-Bela.

 

Drina van der Merwe se foto “Jaglui-
perds” het ’n merietetoekenning in die driesterafdeling tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie-vergadering gewen. Die klub nooi belangstellendes om by hulle aan te sluit. Vir meer besonderhede bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button