Community galleriesGalleries

FOTOGRAFIE: In fokus

Die wêreld vasgevang deur ’n kameralens.

Die Bosveld-fotografieklub slyp maandeliks hul fotovernuf tydens hul byeenkomste in Modimolle. Dié foto deur Lizelle Koch, “Textured Wrinkels” is as wenner in die kategorie vir vaste onderwerpe: plooie aangewys. Vir meer inligting oor die klub, stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

 

Die foto “Swaar dra al aan die een kant” wat deur Frits Stegmann geneem is, is tydens die Bosveld-fotografieklub se Mei-byeenkoms as wenner in die kategorie vir straatfotografie, foto-
joernalistiek en sport bekroon. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com (.)

 

Willem Pietersen se foto “Stadsgebou” het ’n merietetoekenning in die driester-afdeling gewen tydens die Warmbad-fotografieklub se Junie-vergadering. Belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit. Bel vir Gerda de Bruto by tel. 082 563 4725.

 

Die foto “Morning Snack” wat deur Hennie Louw met sy kameralens vasgevang is, is aangewys as wenner in die wildlewekategorie (slegs voëls) tydens die Bosveld-fotografieklub se Junie-byeenkoms. Die foto het ook ’n merietesertifikaat ontvang. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Jacholeen Kruger se foto “Sunset Walk” is tydens die Bosveldfotografieklub se April-byeenkoms as wenner in die kategorie vir vaste onderwerpe aangewys. Sy het ook ’n merietesertifikaat ontvang. Die foto’s is beoordeel deur David Wolstencroft van die Edenvale-kameraklub. Bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 om aan te sluit by die klub.

 

Die juniormaandwenner tydens die Bosveld-fotografieklub se Junie-byeenkoms was Hannes Koch met sy mooi foto “Swakopmund Night View” in die kategorie vir landskappe. Die foto’s is deur Neil Lane en Willem Botha van die Boksburg-kameraklub beoordeel. Om by die klub aan te sluit, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Gerda de Bruto se foto “Hartseer” het tydens die Warmbad-fotografieklub se Maart-byeenkoms ’n merietetoekenning in die senior afdeling behaal. Bel vir Gerda de Bruto by tel.082 563 4725 om by die klub aan te sluit.

 

Die kategoriewenner in die monochroomkategorie tydens die Bosveld-fotografieklub se Mei-byeenkoms was Ancia du Plessis se “Tea with Royalty”. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006.

 

Hennie Louw se foto “Party Trick” was die wenner in die monochroomkategorie tydens die Bosveld-fotografieklub se Junie-byeenkoms. Dit is ook met ’n merietesertifikaat beloon. Die klub vergader maandeliks in Modimolle. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button