Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Maria Oberholzer, skakelbeampte van die Vroue Landbou-unie se Sonskyn-aandtak in Bela-Bela, het die vroue die fyner kunsies van hekel geleer. Die lede was baie beïndruk met die “mile-a-minute crochet” tegniek. Sy het ook die lede touwys gemaak oor die aktiwiteitsblok vir kleuters vir die ouderdom 3 tot 5 jaar.

 

Klub 60 in Bela-Bela het op Donderdag 20 Junie hulle maandelikse byeenkoms by Caritas-veiligheidsoord se saal gehou. As ’n teenvoeter vir die koue weer het almal sop en sjerrie geniet terwyl hulle aan ‘n vasvra-kompetisie deelgeneem het. Bobaas vasvrakenners, Braam en Bets Cilliers, het die deelnemers hard aan die dink gehad. Mense bo 60 jaar wat die klub se volgende byeenkoms wil bywoon en nuwe vriende maak, kan vir Leonie Lombaard bel by tel. 083 666 2754. Op die foto is die klublede tydens die laaste byeenkoms.

 

Die PUR (provinsiale uitvoerende raad) van die SAOU (Suid-Afrikaanse Onderwysers-unie) in Limpopo het afskeid geneem van die raadslede wat nou uittree. Op die foto is Sandra de Wet (kring 1), Albert Swaters (uittredende voorsitter, kring 1), Louis Linde (kring 3),  Willie Schoeman (kring 2) en Ian Taljaard (kring 1). Afwesig met die neem van die foto: Hennie Coetzee (kring 1) en Vic Rijnen (kring 3).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button