GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Dié tuimelgimnaste (regs) van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Saterdag 8 Junie aan die Summit-tuimelkompetisie in Pretoria deelgeneem. Amoné van Niekerk het ‘n tweede plek behaal, Megan Holtshauzen het brons gekry en Reinhard van Niekerk was ook tweede. Albert Groothof (inlas) was die wenner in sy ouderdomsgroep. Amoné en Reinhard het ook aan die Eagles-tuimelkompetisie in Benoni deelgeneem en goeie plekke behaal.

 

Hierdie vier rugbyspelers van Laerskool Nylstroom, Wihan Bezuidenhout, Tiaan Steffen, Juvan van der Merwe en HP van Heerden, is gekies om in die o.12-streekrugbyspan te speel. Hulle neem van 13-15 Junie aan die streekstoernooi by Swadini-vakansieoord buite Hoedspruit deel.

 

Die jaar­lik­se Lim­po­po-mees­ters­ rolbaltoer­nooi is op 25 en 26 Mei in Mo­ko­pane ge­hou. Ernest du Plessis van die Nyl­stroom-rol­bal­klub het die toer­nooi vir die twee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar ge­wen. Chris­to van der Mer­we oor­han­dig die tro­fee aan Du Plessis.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button