Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die Vroue Landbou-unie (VLU ) van Vaalwater het Dinsdag 28 Mei, by hul maandelikse byeenkoms ’n muntlegging vir die Wêreldbond vir Plattelandse Vroue gehou. Jakkie Louw het as kunstenaar opgetree en die vroue het groot waardering vir sy talent gehad. Volgens Berdine van Staden, skakelbeampte, het die vroue pragtige borduursteke op die allermooiste vatlappe gedoen voordat hulle gesellig saam gekuier het. Op die foto is Sondra Nortjé, Pam van Heerden, Ina Kotze, Zona Visser, Kotie Hedin, Marie Buys en Wilma van der Merwe.

 

Die Leonard-egpaar van Vaalwater het op Woensdag 29 Mei hul 71ste huweliksherdenking gevier. Jan Leonard (93) en Santjie Bam (88) is ryklik geseën met sewe kinders, 16 kleinkinders en 19 agterkleinkinders. Die verlowingsfoto is sowat 72 jaar gelede geneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button