GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

’n Paar plaas­li­ke ve­te­raan­fiets­ry­ers het van 14-18 Mei aan die a­von­tuur­af­de­ling van die KAP sani2c-fiets­wed­ren in Kwa­Zu­lu-Natal deel­ge­neem. Die wed­ren het in Un­der­berg begin en in Scott­burgh aan die kus geëindig nadat die ry­ers ’n to­ta­le af­stand van 265 km deur pla­se en ge­berg­tes afgelê het. Die wed­ren is in 2005 deur melk­boer Glen Haw be­gin om geld vir ’n plaas­skool in sy omgewing in te sa­mel. Dié wed­ren het so ge­groei dat dit van­dag erken word as die groot­ste berg­fiets­wed­ren in die wê­reld. Op die fo­to is Pie­ter Mc­Cord van Be­la-Be­la, A­rien Oer­le­mans van Mook­go­phong, SP Eng­el­brecht en Hen­drik Swa­ne­poel van Mo­ko­pa­ne wat aan die wed­ren deel­ge­neem het.

 

Sandra Erasmus van Bela-Bela het op Sater­dag 25 Mei aan die Elite SA JKA-karate­kampioen­skap in Johannes­burg deelge­neem. Sy het tiende geëindig in die senior elite vroue­groep in karate en derde in die kumite-groep. Sy het ook op dieselfde dag haar Suid-Afrikaanse beoorde­laars­kwali­fikasie ontvang. Saam met haar op die foto is Veroncia Myburgh, haar klub­maat teen wie sy gereeld oefen.

 

Hierdie gimnaste van die Warmbad-gimnastiek- en tuimelklub het op Vrydag 24 en Saterdag 25 Mei aan die Limpopo-gimnastiekkampioenskap in Thabazimbi deelgeneem. Al die gimnaste van die Warmbad-gimnastiekklub het Limpopo-kleure gekry en neem van 13-15 Junie aan die Suid-Afrikaanse Noordsone-fees deel waar vyf provinsies verteenwoordig word. Voor is Pieter van Emmenis en agter is Mia Strydom, Danieta Beneke, Megan Holtzhausen, Silara vd Merwe, Amelia Louw en Mckayla Vermaak.

 

Die Euphorbiaskool in Mookgophong het gewys hulle is gedugte teenstaanders toe twee van hul rugbyspanne as toernooiwenners tydens die Bosveld 7’s-liga aangewys is. Op die foto is die o.13-spanlede Vian Cronje, Theuns van Wyk, Victor van Dyk, Cobus Loots (afrigter), Erik Rautenbach, Ruan Swan, AJ Loots, Ettienne de Villiers, Jowan Kühler, Wynand Schalekamp, Stephan Roux, Steven Dreyer en Martin van Heerden (afrigter). Die wedstryd is op Donderdag 23 Mei in Polokwane gespeel.

 

Die o.11-rugbyspelers van die Euphorbiaskool in Mookgophong is as wenners aangewys tydens die Bosveld 7’s-toernooi wat op Donderdag 23 Mei op die veld van Akadeia Reformia in Polokwane gehou is. Op die foto is Lian Pretorius, Luwellen van Dyk, Waldo Hoffmann, Marco Ras, AJ van Jaarsveld, Juan Tolmay, Ulrich van Staden, Tiago Rentroia en Cobus Loots (afrigter). Martin van Heerden (afrigter) staan agter die seuns.

 

Die o.13-netbalmeisies van die Euphorbiaskool in Mookgophong het skoonskip gemaak en is as toernooiwenners aangewys tydens die Bosveld 7’s-liga op Donderdag 23 Mei by Akademia Reformia in Polokwane. Op die foto (voor) is Ané Pretorius en Minette Tolmay. Agter is Jani van Heerden (afrigter), Anja Labuschagne, Anita van der Merwe, Lauretta Yzzel, Chinika Pretorius, Izabella Rentroia, Chaldené Burger en Isabelle de Beer. Lani Briel was afwesig met die neem va die foto.

 

Leané van Deventer van Laerskool Nylstroom is tot die o.12 Maroela-hokkiespan verkies en het op Saterdag 25 Mei by Hoërskool Pietersburg aan die Boababfees deelgeneem. Sy gaan van 23-27 Junie aan die o.12-hokkietoernooi in Tzaneen deelneem.

 

Armand Conradie, heelagter van die Nylies, lê oop op pad doellyn toe vir sy drie in die hoekie. Dit het die telling op 12 elk te staan gebring. Die Nylies was rustyd met 12-7 agter. Foto: Herman Steyn

 

Zandré Booysen van Hoërskool Nylstroom se eerste rugbyspan word hier van die veld gedra nadat hy ’n kopbesering tydens ’n duikslag opgedoen het in die taai wedstryd teen Hoërskool Helderkruin. Hy het 21 steke ontvang en sterk tans tuis aan. Foto: Herman Steyn

 

Laerskool Nylstroom se eerste rugbyspan het na die Limpopo-semifinale wedstryde op Maandag 3 Junie by Hoërskool Warmbad deurgedring. Voor sit Hendry van Staden, Juvan van der Merwe, Corné Ferreira, Stiaan Opperman en Thabang Mashaba. In die tweede ry is Zian Vermeulen, Alec Durand, Landré van Staden, Walter Pretorius, HP Van Staden, Leander Janse van Rensburg en Matthew Eberwein. In die derde ry is Jannes van Zyl, Wihan Bezuidenhout, Altus du Plessis, Franco Steenkamp, Willie Kruger, Brenden Davey en Tiaan Steffen. In die agterste ry is die afrigters Franna van Zyl, Roelf Vorster, Hennie Steffen en onderwyser Brandon Neveling.

 

Kolskoot! – Oud-War­rie Reu­ben Brent-Meek (20) van Bela-Bela het ty­dens die on­lang­se Huyn­dai-wê­reld­boog­skiet­kam­pi­oen­skap­ in An­tal­ya, Tur­ky­e, al­ge­heel der­de op die wê­reld­rang­lys ge­ëin­dig na­dat hy ’n fi­na­le tel­ling van 708 uit ’n moontlike 720 punte in­ge­ryg het. Brent-Meek is die eers­te Suid-Af­ri­ka­ner wat hier­die po­si­sie be­klee. Mike Schloes­ser van Ne­der­land is tans nom­mer een in die wêreld met 713 pun­te. Brent-Meek gaan bin­ne­kort saam met die Suid-Afrikaanse span na Ne­der­land toer vir die wêreldkam­pi­oen­skap. Op die fo­to is Brent-Meek in ak­sie ty­dens die kom­pe­ti­sie in Antalya. Foto: WorldArchery.org

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button