Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Inwoners van Vaalwater tel gereeld items van geskiedkundige waarde by die ou stasieterrein in die dorp op. Lou-Marie Croukamp het hierdie hondeplaatjie opgetel wat in 1952 aan ’n persoon met die van Lederle uitgereik is as bewys van immunisering van sy of haar hond teen hondsdolheid. Só ’n vonds maak ’n skatkis van herinneringe oop en vertel baie van die wette en regulasies van dié tyd.

 

Die inwoners van die Eksodus-selfsorgsentrum buite Bela-Bela het op Donderdag 23 Mei ’n bietjie meer skuiling teen die naderende winterkoue ontvang nadat die Professional Hunters Association of South Africa (PHASA) 21 komberse van verskillende groottes aan die inwoners geskenk het. Eksodus is deur Dries van Coller, PHASA president, en Pieter Potgieter, voorsitter van PHASA se liefdadigheidsfonds, gekies om die skenking te ontvang. Die Eksodus-grond behoort al geruime tyd aan Fred van Heerden, sakeman van Bela-Bela. Op die foto is die inwoners saam met Pete de Villiers van PHASA en Corné van Rensburg, eiendomsagent en bestuurder van die sentrum, tydens die oorhandiging.

 

Jagtyd is om die draai — Dis amper winter en die jagters is besig om hulle sake reg te kry vir die veld. Gert Botha van Modimolle het die afgelope naweek die gewere saam met ’n paar manne gaan instel en toe sommer ook agter die kospotte ingeskuif. Hier is hy besig om braaipap oor die vuur te maak. Foto: Herman Steyn

 

Die Vlakte Orgidee­vereniging het op Saterdag 26 Mei hul groot skou by die Modimall in Modimolle gehou en pragtige plante aan die publiek gewys. Op die foto is Nollie Cilliers (besoeker), Gideon de Villiers (reserwe­kam­pioen), Dora en André Immel­man (skou­kampioene) en Tinus Oberholzer (presi­dent van die Suid-Afri­kaanse Orgidee Raad en geakkre­diteerde beoorde­laar).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button