GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Laerskool Warmbad en Bosveldspruitjies Kleuterskool het op Woensdag 22 Mei hulle jaarlikse opedag by die twee onderskeie skole gehou. Nuwe ouers en leerders is verwelkom en ingelig oor wat dié skole hulle kan bied. Vir die Oberholster-gesin was dit ’n spesiale geleentheid toe Christian (gr.7) sy sussie, Miné, ’n gr.R-leerder van Bosveldspruitjies, by Laerskool Warmbad kon ontvang en wys wat by die “Groot Skool” op haar wag.

 

Hierdie twee gr. 11-leerders van Hoërskool Nylstroom, Gerhard Kotze en Alicia Oberholzer, neem op Saterdag 1 Junie aan die interprovinsiale ronde van die ATKV-debatskompetisie in Emalahleni (Witbank) deel. Hulle kom teen leerders van Hoërskool Rustenburg te staan.

 

Dié leerders van Laerskool Vaalwater Tineal Brits, Tiekie Dercksen en Abby Dercksen laat hulle nie afskrik van die koue ná ’n skielike reënbui en hael nie. Hulle is slaggereed vir die winter se koue aanval. Vaalwater het op Donderdag 23 Mei onverwags 20 mm reën gemeet. Op plekke in die omgewing het daar ook hael geval. Temperature het sommer vinnig gedaal ná die reën.

 

Die Bela-Bela-polisie se streekafdeling het op Vrydag 24 Mei ’n veldtog met die naam Vroue Netwerk (Women’s Network) by die polisiestasie aangebied waar leerders van verskeie skole genooi is om self te sien en ervaar wat die polisiediens behels. Die geleentheid is gebruik om leerders in te lig oor beroepsmoontlikhede in die polisie. Op die foto is van die leerders en ’n paar polisieoffisiere- en personeel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button