GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Nylstroom se eerste rugbyspan het op Saterdag 18 Mei tuis teen die span van Hoërskool Louis Trichardt te staan gekom. Hoewel die Nylies halftyd nog met 12-7 voorgeloop het, het die besoekers die wedstryde met 12-24 beklink. Hierdie wegbreekbeweging van Tiaan van Heerden, die Nylies se agsteman, het die deurslag gegee vir ’n pragdrie van Herman van Aswegen. Foto: Herman Steyn

 

Dis ’n drie! Die Nylstroom-dorpsrugbyklub het op Vrydag 17 Mei tuis teen Mogol van Lephalale gespeel en die wedstryd met 41-12 gewen. Hier lê Petrus van Staden van die Nylstroom-klub rieme neer. Dié beweging het die vleuel, Peet Loretz, in staat gestel om ’n drie te druk. Die Nylstroom-span het tot dusver al hul wedstryde gewen en is die gunstelinge om in die semifinale ronde van die liga te speel. Die span se volgende wedstryd is op Vrydag 31 Mei teen Loskopklub van Groblersdal. Foto: Herman Steyn

 

Die Ecarté-gimnastiekklub was op Saterdag 11 Mei die gasheerklub tydens die Waterberg-distrikskompetisie wat by Castle de Wildt buite Modimolle aangebied is. Vyf artistiese klubs van die Waterbergdistrik het deelgeneem, asook twee besoekende klubs van Limpopo. Die volgende gimnaste het almal die Waterbergspan gehaal wat op 24 en 25 Mei in Thabazimbi aan die Limpopo-kampioenskap gaan deelneem. Ecarté het ook tien distrikswenners opgelewer. Voor staan Lize van der Walt (wenner), Leruschke van Heerden, Dané Ludeke, Dirkie Nortman, Isabella Fourie, Zardus Coetzee, Isabelle Oosthuizen, Liam de Villiers (wenner), Mia Bezuidenhout en Amber Pema. In die middel staan Arno Swart, Danika Smit (wenner), Mia Fourie (wenner), Tiané Ferreira, Spencer Matthysen (wenner), Abigail Smith, Jenna Lee Schutte (wenner), Renschke Swanepoel (wenner) en Schalk du Plessis. Agter staan Mia Pretorius, Desiré Coetzee, Liané van Heerden, Jacomien de Jager, Isabella Swart (wenner), Joost Pretorius (wenner), Juané Fouché, Jenna-Lee van Wyk (wenner) en Ashleigh Pretorius. Wuelamé Cilliers was afwesig met die neem van die foto.

 

Die Ecarté-gimnastiekklub se vlak 1-3-gimnaste het op Vrydag 3 en Saterdag 4 Mei in Pretoria saam met meer as 600 gimnaste aan die Oltré-beker deelgeneem. Voor sit Liané van Heerden en Danika Smit (silwer). In die middel staan Lize van der Walt, Amber Pema, Dirkie Nortman, Mia Pretorius, Leruschke van Heerden, Jenna-Lee van Wyk, Schalk du Plessis, Mia Bezuidenhout en Isabella Fourie. Agter staan Rensckhe Swanepoel (silwer), Tiané Ferreira, Spencer Matthysen (silwer), Jacomien de Jager, Isabella Swart, Joost Pretorius (goud), Liam de Villiers (silwer), Mia Fourie en Jenna Lee Schutte (silwer).

 

Die Ecarté-gimnastiekklub se tuimelaars het op Saterdag 11 Mei aan die Tumble Mania-kompetisie in Pretoria deelgeneem. Zúret Gilliland was die wenner van vlak 4 (6-8 jaar) en Rialet Potgieter was algeheel derde in vlak 6 (13-14 jaar). Anri Briel was algeheel derde in vlak 5 (11-12 jaar).

 

Die Naboom­spruit-rolbal­klub het hope pret gehad tydens een van die klub se groot borg­dae. Die span van Irene-rolbal­klub in Pre­toria het as wenners uitge­tree. Op die foto is Jimmy Venter (Irene), Hank Brink (Irene), Pikkie Nortjé (Naboom­spruit) en Des Winter (Irene). Heel regs is Wimpie Botha, presi­dent van die Naboom­spruit-rolbal­klub.

 

Die eers­te Tour de Lim­po­po-fiets­wed­ren het van 15-18 Mei plaas­ge­vind toe 114 ve­te­raan­fiets­ry­ers by Forever Resorts in Be­la-Be­la aangetree het vir ’n groot toer noord­waarts. Die roe­te was van Be­la-Be­la na Po­lok­wa­ne (172 km) en Tza­neen en weer te­rug na Po­lok­wa­ne (96,6 km). Die wed­ren het ten doel om Lim­po­po se toe­ris­me te bevorder. Op die fo­to word die wedren geopen deur Ke­lea­bets­we Tlou­ane, pro­vin­sia­le ad­junk- di­rek­teur-ge­ne­raal van om­ge­wing­sa­ke en toe­ris­me, en Je­re­miah Ngo­be­ni, Be­la-Be­la-bur­ge­mees­ter.

 

Die Bos­veld­jag­ters­ver­e­ni­ging (BJV) se Wa­ter­bergtak het op Sa­ter­dag 18 Mei ’n groe­pe­ringskiet­kom­pe­ti­sie by die Warm­bad-skiet­baan bui­te die dorp aan­ge­bied. Altesame 160 skuts het vir die groot prys, ’n Howa 243WIN SS/BB-jagge­weer meegeding. Op die fo­to is Jan van Blerk (BJV-voor­sit­ter), Pie­ter Bo­tha (wen­ner), Jan­nie Eng­el­brecht (der­de), Ste­phan Grie­sel (twee­de) en Ja­pie Cil­liers (hoof­organi­seerder).

 

Sandra Erasmus, ’n oud-Warrie, het op Saterdag 18 Mei by die SAJKA National Dan Grading and Qualifi­cations-geleent­heid in Johannes­burg die onder­skeiding behaal om as inter­nasionale D-instruk­teur op te tree. Saam met Erasmus op die foto is Rudolph Steyn, nog ’n karatika en span­maat.

 

Leonette Vosloo en Suta Hakala van Hoërskool Nylstroom is gekies vir Limpopo se o.18-hokkiespan. In die middel is hul afrigter Christine le Roux.

 

Hoërskool Nylstroom se eerste netbalspan het die span van Hoërskool Ben Viljoen op Saterdag 18 Mei in Groblersdal met 34-23 laat les opsê. By die span is hul afrigter, Corlia Herbst.

 

Stefny-Ann Fourie en Alicia Oberholzer, netbalspelers van Hoërskool Nylstroom, is gekies vir die Limpopo o.17-netbalspan. Hulle gaan die eerste week van die skoolvakansie aan die South African AllAges-netbaltoernooi in Boksburg deelneem.

 

Lindi Brits en Miko Keulder van Hoërskool Nylstroom is gekies vir die Limpopo o.18-netbalreserwespan.

 

Die Waterbergskool vir CVO in Modimolle se leerders het op 17 en 18 Mei aan die Bondedag in Groblersdal deelgeneem. Die skool se o.8-netbalspan het hul harte uitgespeel. Voor is Chanté van Rooyen, Elzani Vermaak, Luzé Paul en Janie Stapelberg. In die middel sit Nina van Tonder en agter staan Keila Ingram en Elshé Bezuidenhout.

 

Die o.13-netbalmeisies van die Euphorbiaskool in Mookgophong het op Woensdag 15 Mei aan die Ubuntu-kleinskolenetbaluitspeelwedstryde by Laerskool Krugerpark in Mokopane deelgeneem. Hulle het as wenners van die o.13-spanne uitgetree en deurgedring na die Limpopo-uitspeelwedstryde op Vrydag 31 Mei in Polokwane. Voor is Lani Briel en Anja Labuschagne. Agter is Anita van der Merwe, Chaldené Burger, Isebelle de Beer, Jani van Heerden (afrigter), Lauretta Yzzel, Chinuka Pretorius en Izabella Rentroia.

 

Etienne de Villiers van die Euphorbiaskool in Mookgophong is ’n ratse hokkiespeler waarop die skool baie trots is. Etienne is ingesluit in die o.15-seuns hokkiespan wat tydens die jaarlikse Bokkieweek hul slag sal wys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button