GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Laerskool Vaalwater is baie trots op dié hardwerkende juniors wat as akademiese slimkoppe van die eerste kwartaal aangewys is. Voor staan Tshepang Langa (gr. 1). Agter hom is Heno Jacobs (gr. 1), Joena Molomo (gr. 2), Willem Nel (gr. 2), Dua Chanddhrey (gr. 3) en heel agter is Meandri Victor (gr.3).

 

Alché Volschenk, Danielle van der Merwe en Cheré van Zyl van Laerskool Warmbad het op Sondag 5 Mei by die Gold Reef City-teater aan opnames vir kykNET se Sing in Harmonie-toneelproduksie deelgeneem. Dit word deur die akteur en sanger Izak Davel aangebied. Uitsonderlike jong toneelspelers kry tydens die produksieseisoen opleiding om hul vaardighede te verbeter. ’n Algehele wenner word aan die einde gekies.

 

Hierdie leerders van Laerskool Warmbad het deurgedring na die semifinale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie wat op Maandag 24 Mei by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong plaasvind. Hulle is Janfrik Bothma, Danell Stander, Pedrie Claassens, Keabetswe Baloyi, Mika Hlabela en Ofentse Nhlapo.

 

Die pragtige Wilmien Jonck wat in 2011 die hoofmeisie en topakademiese presteerder van Hoërskool Warmbad was, het haar BVSc (Bachelor of Veterinary Science) aan die Universiteit van Pretoria behaal. Wilmien doen tans haar gemeenskapsjaar in Kroonstad. Sy is die dogter van Kobus en Wilma Jonck van Bela-Bela. Wilmien sal onthou word as een van die “Volkswagen Beetle Brigade” toe sy en ses klasmaats in ’n stoet van vrolike Volksies by die matriekafskeid opgedaag het.

 

Annelie Dodd van Bela-Bela het haar BSc Siviele Ingenieursgraad met onderskeiding aan die Universiteit van Pretoria (Tuks) behaal. Sy was in 2013 in matriek aan Hoërskool Warmbad. Sy studeer tans vir haar honneursgraad in Water Resources Engineering.

 

Hierdie vier leerders van Hoërskool Nylstroom het deurgedring na die tweede ronde van die ATKV-redenaars. Kalista Toet, ’n gr. 8-leerder, het deelgeneem aan die afdeling vir Huistaal: Onvoorbereid. Lydia Mothapo (gr. 12) het deelgeneem in die kategorie vir Addisionele Taal: Onvoorbereid. Jowiné Bezuidenhout (gr. 11) het geskitter in die afdeling vir Huistaal: Voorbereid en Kaiden Barthram (gr. 12) het ook uitgeblink in Huistaal: Voorbereid.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button