GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Q4-rolbal­span van Mook­gophong was van­jaar die wen­ners van die besig­heids­liga­toer­nooi. Die toer­nooi is deur die Naboom­spruit-rolbal­klub gereël en aange­bied. Sake­onder­nemings kon spanne inskryf en op gesel­lige wyse mekaar die stryd aansê. Op die foto is Jandré Venter, Ray­mond du Plessis, Annerie Venter en Ruan Venter van die Q4-span.

 

Hoërskool Nylstroom se eerste netbal­span het op Saterdag 11 Mei teen Hoër­skool Frikkie Meyer op die Nylies se tuisveld te staan gekom. Hoewel Frikkie Meyer se span die wedstryd gewen het, het Stefni-Ann Fourie van die Nylies steeds haar bes gegee en was elke bal vir die Nylies ’n moontlike doel. Stefni-Ann is vanjaar verkies tot die Limpopo-span. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button