GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Laerskool Nylstroom is baie trots op hierdie twee rugbybulle. Tiaan Steffen en Wihan Bezuidenhout het op Maandag 29 April aan die Waterberg o.12-rugbyproewe by Laerskool Thabazimbi deelgeneem en deurgedring na die Limpopo Blou Bulle-proewe wat op Saterdag 10 Mei in Polokwane plaasvind.

 

Dié leerders van Euphorbiaskool in Mookgophong is gekies vir die onderskeie spanne wat aan die Bokkieweek gaan deelneem. Die Bokkieweek vind van 24-28 Junie by Hoërskool Hans Strijdom plaas. Op die foto is Anja Labuschagne (hokkie), Chaldené Burger (netbal), Chinika Pretorius (netbal) en Andre Brits (rugby).

 

Laerskool Vaalwater mag dalk diep in die Waterberg wees, maar dié skool het rugbyspelers van wie nog groot dinge verwag word. Johan Lochner, departementshoof en rugbyafrigter, maak die jong spelers hier touwys oor balvaardighede. Die spelers wil graag hul kragwerk en spoed verbeter om te verseker dat die Valies vanjaar ’n gedugte span vir hul opponente is.

 

Wynand Geyser, ‘n talentvolle rugbyspeler van die Euphorbia-skool in Mookgophong, het op Woensdag 24 April aan die tweede ronde van die kring-rugbyproewe deelgeneem en deurgedring na die streekproewe wat op Maandag 29 April in Thabazimbi plaas-gevind het. Die beste spelers word genooi vir die finale proewe in Polokwane om ’n Limpopo-span saam te stel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button