Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Babs en Seef Leus van Bela-Bela het op Dinsdag 9 April hul 65ste huweliksherdenking gevier. Hulle is in 1954 getroud. Seef is oorspronklik van Vryburg en was ’n onderwyser terwyl Babs van Potchefstroom afkomstig en ’n tuisskepper is. Hulle het in 1992 na Bela-Bela verhuis om die stilte en die Bosveld te geniet. Die egpaar is dankbaar teenoor die Here vir die seën deur die jare en dat hulle steeds saam kan wees. Hulle is in besonder dankbaar teenoor Anita Lauritzen wat hulle met soveel deernis versorg.

 

Die dagbestuur van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in Limpopo het op Dinsdag 9 Maart ’n dringende vergadering in die Waterbergstreek met die hoofbestuur van SAOU nasionaal belê. ’n Strategie is bedink om die Limpopo-onderwysdepartement te dwing om onverwyld ’n vakaturelys te publiseer wat die nagenoeg 130 vakante bevorderingsposte in Limpopo adverteer. Luidens ’n verklaring het die departement reeds prokureursbriewe in dié verband ontvang. Op die foto verskyn die SAOU-bestuurslede (voor) Magnus Steyn (ondervoorsitter SAOU Limpopo), Chris Klopper (hoof uitvoerende beampte SAOU), dr. Louis Swanepoel (president SAOU), Albert Swaters (voorsitter SAOU Limpopo) en Wilma Henn (uitvoerende beampte SAOU Limpopo). Agter is Louis Linde (dagbestuurslid SAOU Limpopo), Willie Schoeman (dagbestuurslid SAOU Limpopo) en Hennie Coetzee (dagbestuurslid SAOU Limpopo).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button