GalleriesSchools galleries

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele uitblinkers.

Raponsie, Raponsie, sny af jou hare! Die Waterbergskool vir CVO het op Vrydag 5 April ’n Kansa Shavathon-geleentheid gehou. Een van die skool se onderwysers, Bianca van Wyk, het haar dik vlegsel laat afsny ten bate van fondsinsameling vir die stryd teen kanker.

 

Dié bekkige jonges van Laerskool Nylstroom se grondslagfase neem op Vrydag 12 April deel aan die ATKV-redenaars se eerste uitdunronde by Hoërskool Hans Strijdom. Voor is Mia Ferreira en Dominique Blignaut en agter is Paul du Plessis en Tiaan Koelewyn.

 

Landré van Staden (voor), Pieter van Heerden, Altus du Plessis en Lorinda Broodryk is Laerskool Nylstroom se topredenaars in die seniorklasse. Hulle neem op Vrydag 12 April aan die ATKV-redenaars se eerste uitdunronde by Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong deel.

 

Hoërskool Hans Strijdom het na afloop van die Maart-eksamen hul beste presteerders per graad aangewys. Dié slimkoppe is Rochelle Ruthven (gr. 8), Janco van der Walt (gr. 9), Arno Nel (gr. 10) en Carl-Henry Keyter (gr. 12). Jolinde Booysen (gr. 11) was afwesig met die neem van die foto.

 

Caitlyn Hunter van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir Uitvoerende kunste (SACOPA) in Rustenburg deelgeneem en haar skool se naam hoog gehou. Sy was deel van twee dramaproduksies van CJC Dramaskool in Heidelberg. Caitlyn het ses goue, vier silwer en een brons toekenning verower en in 11 drama- en drie modelitems deelgeneem. Sy is ook gekies om deel van die “Showcase-vertoning” te wees en is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat in die Julie-vakansie in Los Angeles aan die wêreldkampioenskap gaan deelneem.

 

Carli Rautenbach, oudleerder van Laerskool en Hoërskool Warmbad, het vandeesweek haar honneursgraad in Grieks (Cum Laude) aan die University of the Free State in Bloemfontein behaal. Carli het reeds die graad Baccalaureus Theologiae (BTh), ook Cum Laude, in 2018 behaal. Sy is die dogter van oud-Bela-Bela-inwoners, Ampie en Sonja Rautenbach wat na Lichtenburg in Noordwes verhuis het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button