GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Melienke Vermaak (o.9) is ’n atleet van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle wat die afgelope seisoen puik prestasies behaal het. Tydens die BCVO-atletiekkampioenskap wat op Vrydag 15 en Saterdag 16 Maart in Sasolburg plaasgevind het, het sy goue medaljes in al drie haar items (60-, 80- en 1200m) losgehardloop en ook haar beste tye aangeteken. Sy het ’n totaal van 2377 op die ASA-puntetabel verwerf. Haar grootouers, Martiens en Wilma de Jonge wat pas teruggekeer het van ’n besoek in Australië, was darem betyds om die jong blits in aksie te sien. Dié belowende atleet word afgerig deur Chantelle van Schalkwyk.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button