Community galleriesGalleries

Geite en giere…

Wat gebeur in en om die Waterberg?

Die bekende Marthie Groenewald (81), wat meer as 20 jaar lank as verpleegster by die F.H. Odendaal-hospitaal in Modimolle gewerk het, is die afgelope week skielik oorlede. Haar roudiens vind op Saterdag 16 Maart om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk in die dorp plaas. Groenewald het die afgelope paar jaar in Gholfpark in Mookgophong gewoon. Sy laat haar man, Leon, en drie susters Francine van Eeden, Henkie Fourie en Ann Maré agter.

 

Die Sonskyn-aandtak van die Vroue Landbou-unie het op Donderdag 28 Februarie by La-Roe-Nique-koffiehuis vergader en oor persoonlike veiligheid gepraat. Christo de Bruyn van Expert Safety & Security in Bela-Bela was die gasspreker. De Bruyn het vroue aangeraai om altyd hul handsakke toe te rits en styf teen hul lywe te hou. ’n Houer met pepersproei in die handsak is ook handig. Hy het vroue aangeraai om doelgerig en selfversekerd te stap wanneer hulle inkopies doen om sodoende nie maklike teikens vir boosdoeners te wees nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button