GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Stephan Komlosy van Hoërskool Warmbad is ’n sleutelspeler in die o.16-rugbyspan. Die span het naelskraap verloor teen die besoekers van Hoërskool Bracken. Die o.14- en tweede span het egter hul vernuf teen Hoërskool Zeerust getoets en albei spanne het hul wedstryde gewen.

 

Mandla Mazibuko beur met alle krag en mening om vir die Warries se o.16-span ’n drie aan te teken.

 

KT Sono duik sierlik oor die doellyn wat sy span se wendrie sou gewees het, maar die skeidsregter het beslis dat hy voor die bal was en die drie is nie toegeken nie. Die eerste span het na afloop van die wedstryde gesê dat van hul sleutelspelers nog besig is met provinsiale atletiek-kampioenskap en eers oor twee weke by hulle sal aansluit.

 

Die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela is hard aan die oefen vir die Waterberg-seisoen wat op Vrydag 3 Mei afskop. Chris Goosen, afrigter, het gesê die span is gefokus om klipharde rugby te speel. Die span se oefentye is deesdae op Maandae en Donderdae om 18:00 by Hoërskool Warmbad. Spelers en borge kan hom bel by tel. 079 887 4808. Op die foto is die span tydens verlede week se oefensessie. Saam met hulle op die foto is Abri Venter, mede-afrigter.

 

Dié swemmers van die Euphorbiaskool in Mookgophong is na afloop van die interhuisswemgala op Donderdag 28 Februarie as Victor- en Victrix Ludorums aangewys. Hulle is Mia Botha (junior Victrix Ludorum), Isebelle de Beer (senior Victrix Ludorum), Wynand Schalekamp (senior Victor Ludorum) en Ruan Turvey (junior Victor Ludorum).

 

Lani Briel van die Euphorbiaskool het die senior Victrix Ludorum-trofee verower.

 

Die junior Victrix Ludorum-trofee is gedeel deur Mia Botha (Euphorbiaskool) en Leane Meyer (Laerskool Byzonderheid).

 

Waldo Hoffmann, ook van die Euphorbiaskool, het vir die senior seuns gewys wie is baas deur die senior Victor Ludorum-trofee te verower.

 

Klein Vyf Kleuterskool in Vaalwater se jaarlikse atletiekbyeenkoms op Vrydag 22 Februarie het knap Victor en Victrix Ludorum-atlete opgelewer. Die onderwysers en afrigters is baie trots op Mohau Mokoena (5) van Waterberg Academy (links) en Dineo Kone (5) van Klein Vyf Kleuterskool (regs) wat hier op die podium staan.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button