GalleriesSports galleries

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Waterberg Academy in Vaalwater het op Vrydag 22 Februarie ’n goed georganiseerde en prettige atletiekbyeenkoms aangebied. Hier help Adelle Hensley, onderwyser, die o.3-“bikers” om gelyk-tydig weg te spring en in hul bane te bly. Die skare se aanmoediging het oor die Vaalwater-vlaktes gedreun.

 

Die rekords het behoorlik gespat toe hierdie atlete van die Euphorbiaskool in Mookgophong op Dinsdag 19 Februarie aan ’n uitnodigings-byeenkoms deelgeneem het. Voor is Mia Botha, Cheline van Jaarsveld, Chaldene Burger en Charne Coetzee. Agter is Waldo Hoffmann, Wynand Geyser, Ruan Swan, Jowan Kühleren en Chris van Heerden. Al hierdie atlete het bestaande rekords in hul onderskeie items verbeter.

 

Die jaarlikse atletiekbyeenkoms wat op Vrydag 22 Februarie deur Klein Vyf Kleuterskool in Vaalwater op die bane van Laerskool Vaalwater aangebied is, het ’n prettige stryd tussen Waterberg Academy en Klein Vyf Kleuterskool tot gevolg gehad. Die vyf items waarin daar meegeding is, was 60 m nael-lope, ’n 60 m skopfietswedren, 60 m hekkies, verspring en gewigstoot. Die hindernisbaan was ’n ekstra vermaakitem en het die kleinspan uitgedaag om hul klim- en balansvernuf te wys.

 

Die netbalspelers van Laerskool Vaalwater is hierdie seisoen doelgerig en sê hulle wil vanjaar die groter skole wys dit neem net sewe doelgerigte meisies om te wen. Daar word reeds vroegoggend aan tegnieke geoefen en opwarming gedoen.

 

Lede van die Nylstroom-jukskeiklub het op Donderdag 21 Februarie aan die jukskeikampioenskap in Kroonstad deelgeneem en as die beste span in die driespelafdeling uitgetree. Dié vier spelers, wat deel was van die Limpopo D-span, het goue medaljes verower en provinsiale kleure verwerf: Frieda van Deventer, Alta Nel, André Bester en Danita Bester.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button